DIANE SE PIESANGBROOD
Klaar gesny en heerlik!
(Die resep het ek al jare, kannie onthou by wie ek dit gekry het nie)
4 koppies koekmeel
2 koppies suiker
25 g botter
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels koeksoda
5 – 6 groot piesangs
4 XL eiers
knippie sout Continue reading
Category Archives: Brood / Bread
HAWERMOUT PIESANGBROOD
HAWERMOUT PIESANGBROOD
2 eiers
250 ml sagte bruinsuiker
50 ml sonneblomolie
50 ml heuning
250 ml hawermout
375 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
125 ml melk
3 oorryp piesangs, baie fyn gedruk
15 ml vars suurlemoensap
HEERLIKE PRUTPOT BROOD
PIESANG-WORTELKOEK-BROODJIE
GOLDEN PUMPKIN LOAF
ROSYNTJIE BROODJIE


ROSYNTJIE BROODJIE
1 pakkie bruismeel [1kg]
1—250 g pitlose rosyne
1 houertjie karringmelk (500 ml)
2 eetlepels suiker
2 gelyk teelepels bakpoeier
knippie sout
Stel oond op 180ºC.
Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, voeg rosyne by en meng die karringmelk by. Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met ‘n bietjie melk uit.
Meng deeglik met houtlepel.
Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur.
Keer uit en laat afkoel.
VINNIGE ROSYNTJIEBROOD MET N VERSKIL
VINNIGE ROSYNTJIEBROOD MET N VERSKIL
Resep: Rina Kleinhans.
Foto: Marie Grobler
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
1 teelepel sout
2 gelyk teelepels bakpoeier
½ koppie suiker
1 geklitste eier
½ koppie melk
½ koppie lou water
1 koppie pitlose rosyntjies
Meng bestanddele behalwe rosyne goed en druk oop op meelbestrooide oppervlak.
Strooi rosyntjies oor en rol op.
Sit in gesmeerde broodpannetjie.
Bak ongeveer 45 min by 180 ºC.
ROSYNTJIEBROOD
SPUR SE GESONDHEIDSBROODJIE
SPUR SE GESONDHEIDSBROODJIE
Resep: Wilma Josey Venter
Foto: Joey Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Onthou julle die lekker volkoringbroodjies wat ons toenterjare by die Spur se “Salad Valley” gekry het om te eet? Ek het vriende gemaak met die kok van die Spur in Table View, Kaapstad doer in 1998 en hy het sy resep met my gedeel.. Ek deel dit weer met julle… Dit is so lekker…
4 x 250 ml Nutty wheat
250 ml gerolde koring
125 ml sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
15 ml bruinsuiker
10 ml sout
15 ml kitsgis
625 ml louwarm water
45 ml olie
15 ml elk papawer- en sesamsaad om oor te strooi. Continue reading
WARMWATER SUURDEEG
WARMWATER SUURDEEG
Dis n lang proses.Wees gewaarsku.
Die aand voor jy bak, moet jy jou suurdeeg begin maak.
Kook so 2L water.
Skil 2 groterige aartappels en sny in kwarte, of rasper die aartappel.
Laat water afkoel sodat jy nie brand as jy jou hand daarin steek nie.
Giet in ‘n groot kastrol met ‘n deksel.
Hy moet omtrent 5L vloeistof kan vat, nie ‘n aluminium kastrol. Hy slaan aan. Continue reading












