

ROSYNTJIEBROOD
Foto: Vidius Archer
Resep: Desire Oconnor
FOOD LOVERS RECIPES
Die reseppie soos hy nou in ons familie versameling verskyn: ROSYNTJIEBROOD
“Hier is ‘n BAIE lekker rosyntjiebrood resep. Bitter baie gebak en ‘flop proof’. Probeer dit gerus. Al BAIE gebak. Probeer dit gerus, rys sommer in die oond terwyl dit bak.”
500 g bruismeel
1 koppie suiker
1 koppie melk (ek – Vidius – gebruik karringmelk)
1 koppie water
1 teelepel sout
1 tot 1½ koppies rosyne
1 eier
Maak seker alles is by kamertemperatuur.
Meng alles goed, skep in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur by 180ºC.
Wenk – Glasseersel:
Eier geklits met bietjie melk. Smeer ‘n bietjie glasseersel bo-oor voor in oond sit.
Nota: Rina Kleinhans
Meng rosyne goed met ekstra meel – dit verhoed dat rosyne afsak na bodem van broodjie tydens bak proses






