JACO SE SJOKOLADE-KOFFIE CHIFFON KOEK
Maak seker jy het ‘n regte sjifonkoek pan
Nat bestanddele:
6 eier geel
3/4 koppie koffie (ek gebruik sterk filter koffie)
1 1/2 tsp vanilla
1/2 koppie canola olie
Meng goed met whisk
Nou vir die meringue.
7 eier witte
1/2 tsp ‘cream of tartar’
Klits styf en voeg
3/4 koppie strooisuiker by
meringue is reg wanner dit ‘n stywe punt maak.
Droë bestanddele:
2 koppies gesifte meel
2 tsp bak poeier
1/4 tsp koeksoda
1/4 tsp sout
3/4 koppie (castor sugar) is wat ek gebruik.
Sif in bak en meng goed met whisk.
Skuif die droe bestandele na die kant toe en gooi die nat bestandele in die middel en meng met ‘n spatula. Ons soek ‘n ligte koek so moet dit nie klits nie in bakpan teen 160 ºC waar ek oor 30 minute sal kom toets hoe ver die koek is, tyd gewoonlik 40 min.
Hier gaan ek met ‘n mes deur om die borrels uit te kry wat maak dat soveel koeke kraak.
Sien julle oor 30 min. Die pan word glad nie gesmeer nie. Hy moet vas sit.
Sit hom hoog neer soadt hy kan uitval wanneer hy afgekoel het.
RESEP EN FOTO: JACO BESTER








