HENDA SE WORTELKOEK
Voorverhit oond tot 180 ºC.
250 ml kookolie
300 g ligte bruinsuiker
4 ekstra groot eiers
280 g koekmeel
10 ml bakpoeier
5 ml gemaalde kaneel
3 ml koeksoda
3 ml sout
5 ml vanilla geursel (het al met amandelgeursel vervang, net so lekker)
250 g fyn gerasperde wortels
Klop die olie en suiker saam tot goed gemeng.
Voeg eiers 1 vir 1 by en meng goed na elke byvoeging tot lig en donsig.
Sif alle droë bestanddele en voeg by.
Voeg die vanilla en wortels by, meng goed.
Bak vir ±55 min (hang af hoe sterk jou oond is). Haal uit en laat afkoel.
Roomversiersel
250 g roomkaas (nie maaskaas nie)
500 g – 1 kg versiersuiker
Klits eers kaas tot sag en voeg dan versiersuiker by. Mag dalk minder versiersuiker gebruik of dalk meer.
Indien te styf, kan jy klein bietjies water op ‘n slag byvoeg tot dit is soos jy dit wil hê.
Versier die koek eers wanneer heeltemal afgekoel het, anders sal die icing ook loop, omdat dit kaas en suiker is wat warm word.
Geniet dit !
Resep en foto: Henda Fourie








