VINNIGE ROSYNTJIEBROOD MET N VERSKIL
Resep: Rina Kleinhans.
Foto: Marie Grobler
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
1 teelepel sout
2 gelyk teelepels bakpoeier
½ koppie suiker
1 geklitste eier
½ koppie melk
½ koppie lou water
1 koppie pitlose rosyntjies
Meng bestanddele behalwe rosyne goed en druk oop op meelbestrooide oppervlak.
Strooi rosyntjies oor en rol op.
Sit in gesmeerde broodpannetjie.
Bak ongeveer 45 min by 180 ºC.









geskuif