

ROSYNTJIE BROODJIE
1 pakkie bruismeel [1kg]
1—250 g pitlose rosyne
1 houertjie karringmelk (500 ml)
2 eetlepels suiker
2 gelyk teelepels bakpoeier
knippie sout
Stel oond op 180ºC.
Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, voeg rosyne by en meng die karringmelk by. Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met ‘n bietjie melk uit.
Meng deeglik met houtlepel.
Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur.
Keer uit en laat afkoel.






