

GOUE KLAPPERBROOD
125 ml botter
3 eiers, geskei
250 ml koekmeel
190 ml melk
250 ml klapper
125 ml suiker
5 ml vanilla geursel
10 ml bakpoeier
125 ml strooisuiker
Room botter en suiker tot donsig. Voeg die eiergele 1 vir 1 by en klop dit goed na elke byvoeging. Voeg geursel by. Sif koekmeel en bakpoeier saam en voeg beurtelings met melk by die eiermengsel. Giet beslag in gesmeerde broodpannetjie. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg strooisuiker by en klits goed. Vou klapper daarby in. Skep oor die deeg en bak vir 45 min by 180ºC.
Resep en foto: Debbie Labuschagne










