GOUE KLAPPERBROOD

2013-07-06-goueklapperbrood
GOUE KLAPPERBROOD
125 ml botter
3 eiers, geskei
250 ml koekmeel
190 ml melk
250 ml klapper
125 ml suiker
5 ml vanilla geursel
10 ml bakpoeier
125 ml strooisuiker

Room botter en suiker tot donsig. Voeg die eiergele 1 vir 1 by en klop dit goed na elke byvoeging. Voeg geursel by. Sif koekmeel en bakpoeier saam en voeg beurtelings met melk by die eiermengsel. Giet beslag in gesmeerde broodpannetjie. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg strooisuiker by en klits goed. Vou klapper daarby in. Skep oor die deeg en bak vir 45 min by 180ºC.

Resep en foto:  Debbie Labuschagne




KNOFFELBROOD MET ROOM

2015-12-13-knoffelbroodmetroomtested

KNOFFELBROOD MET ROOM
1 kg vetkoek deeg – deeg wat by “Spar/Checkers” te koop is.
500 ml Ultramel room of enige ander volroom
kaas, soveel soos wat jy wil insit (ekke vat sommer lekker beleë cheddar)
gebraaide spek (opsioneel)
gekapte swart olywe (opsioneel)
knoffel, oveel soos wat jy wil insit

Maak die deeg in lang vorm (soos ‘n brood).
Sny dit in die middel oop (in lengte), voeg kaas, knoffel, ens. in en druk die deeg toe.
Draai die deeg om met gesnyde kant na onder.
Plaas die deeg in gesmeerde broodpan /oondpan (pan moet diep wees).
Gooi 375 ml room oor die deeg.
Strooi bietjie kaas en paprika bo-oor.
Vooraf verhit die oond tot 180°C.
Bak ongeveer uur.
Gooi die laaste room oor – 5 minute voor die brood uitgehaal word.
Die warm brood kan in die room in pan gedoop word soos dit geëet word of opgesmeer word. Hoe langer die brood in die room lê hoe lekkerder.
BRON: Tinkie Nel Nortmann
FOTO: Lisinda Blaauw

 




LEKKER BROODJIE VIR BRAAI

LEKKER BROODJIE VIR BRAAI
500 g Golden Cloud Savoury Muffin Mix
100 ml (40 g) grated mature Cheddar cheese
100 ml (50 g) grated Mozzarella cheese
100 ml (40 g) grated Emmentaler cheese/
50 ml garlic chives, roughly chopped
60 ml sundried tomatoes in olive oil vinaigrette,drained and roughly chopped
12 Calamata pitted olives
80 ml melted butter
70 ml sunflower oil
320 ml milk (ek gebruik sommer karringmelk)
2 eggs

Preheat oven to 180 °C.
Mix the cheeses, garlic chives, sun-dried tomato and half the olives into the dry Golden Cloud Savoury Muffin Mix.
Beat the butter, oil, milk and eggs together and mix into the dry ingredients according to instructions on Golden Cloud pack.
Transfer batter to a greased 22 cm loaf tin.
Lightly press the remaining olives into the top of the loaf and bake for 30 minutes.
Reduce oven heat to 160 °C, cover top with foil and bake for another 20 – 25 minutes or until a skewer comes out clean when inserted.
Allow to cool slightly before turning out onto a wire rack.
Resep geplaas deur Tinkie Nel Nortmann




ROERBROODJIE

2013-07-01-roerbroodtjie
ROERBROODJIE
Het die resep jare terug by n vriendin gekry.
3 koppies koekmeel
3 koppies bruinmeel
1 pakkie gis
2 eetlepels suiker
sout

Meng alles saam met louwater (skat hoeveelheid tot deeg reg lyk) tot lekker gemeng. Deeg moenie te slap wees nie. Gebruik ‘n houtlepel om deeg te meng. Sit in broodpannetjies. Laat rys op warm plek en bak by 180°C tot gaar.
Resep en foto: Patience Rossouw Grobler O’Kennedy




LEKKER MIELIEBROOD

mieliebrood Louise

LEKKER MIELIEBROOD
Resep en foto: Louise Venter
FOOD LOVERS RECIPES
1 koppie koekmeel
1 koppie mieliemeel
2 teelepels bakpoeier
2 eiers
½ koppie karringmelk
½ koppie suiker
1 blik suikermielies
1 koppie gerasperde cheddar kaas
knypie sout

Meng alles saam, skep in gesmeerde broodpannetjie en bak vir ongeveer 1 uur by 180ºC.

 




GESONDE GOU-GOU BROOD

PETRA BROOD

GESONDE GOU-GOU BROOD
500 ml volkoring meel
250 ml koekmeel
50 ml bruinsuiker
80 ml sonneblomsaad
200 ml rosyne
50 ml sesamesaad
5 ml sout
8 ml koeksoda
1 eier geklits
500 ml karringmelk of melk of Bulgaarse joghurt

Stel oond op 180°C.
Meng alles saam, skep in gesmeerde broodpannetjie en bak 1 uur tot gaar.

(Met erkenning aan Rina Fourie)
Foto: Benhet Nieuwenhuis




FLOURLESS BREAD

flourless bread

FLOURLESS BREAD
Oopsies! I changed up the recipe it’s better!
4 egg whites
pinch of salt
1 egg yoke
4 oz soften cream cheese
¼ teaspoon baking powder

Whip firm the egg whites and the salt.
In another bowl, mix the egg yoke, cream cheese, and baking powder together,
Very gently fold mixtures together, spoon on sprayed pan, any size, I even made muffins here!
Bake 25 minutes on 300°F oven.
Photo:  Janet Anderson




BANANA BREAD

piesangblatjang

BANANA BREAD
120 g Stork margarine
150 g sugar
2 eggs beaten
250ml banana pulp(4-5 bananas)
15 ml lemon juice
240 g cake flour
2 ml salt
5 ml bicarb
30 ml milk


Cream butter and sugar , beat in eggs , add banana pulp and lemon juice . Sift dry ingredience and stir into mixture alternate with milk. Turn batter into lined and greaced loaf tin and bake in moderate oven at 180 ºC for 1 Hour or until cooked. Serve with butter

Recipe and photo:  Wilna Dorfling




OUTYDSE AARTAPPELSUURDEEG

1385701_10202248410756631_128521146_n
OUTYDSE AARTAPPELSUURDEEG
Foto: Leilanie Claassens

Koop ‘n blokkie vars suurdeeg of gebruik een pakkie kits suurdeeg
1 medium aartappel, geskil en gerasper
1 eetlepel sout
2 eetlepels suiker
1 liter louwater

Meng alles en sit op ‘n warm plek. Soos bv. in lou-oond met deur effens oop. Wanneer dit gerys het, daar sal borreltjies in bottel wees en skuim bo-op, dan gebruik jy die vloeistof om te knie en die aartappel bedek jy weer met bietjie louwater. Dis jou plantjie – volgende keer, skep jy bietjie van die aartappel uit en voeg net aartappel, sout, suiker en louwater by.

Ria N. Pieterse
Julle kan die resep volg – brood en beskuit gebak met aartappelsuurdeeg is ‘n uitsonderlike smaak. Ek het nog die voorreg om dit soms in ‘n houtstoof te bak, dis ‘n smaaksensasie uit die boonste rakke. As jy die resep hierbo vat. Dis genoeg vir 1-2 kg meel vir brood. Ek sit alles in ‘n Liter consolbottel en sit net ‘n piering bo-op met die rysproses. Wanneer die suurdeeg gerys het, neem die vloeistof, halfkop kook/olyfolie en knie dit in 1 kg koekmeel tot die deeg glad en elasties is, ek gooi nie ekstra sout in nie. Maak die deeg toe in ‘n bak met plastiek en ‘n dik kombers, laat deeg rys tot dubbel in grootte, dit vat omtrent 8 ure. Knie af en vorm 2 -3 klein brode of 1 groot brood. Laat rys weer tot bokant pan rand. Stel oond op 180°C en bak brood 1 uur. Haal uit die pan en smeer botter of water oor korsie. Laat staan oop tot korsie hard is en afgekoel voor jy sny, of draai toe in brooddoek tot afgekoel en bêre tot benodig en daarna in plastiese sak.

 

 




AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE

1385701_10202248410756631_128521146_n

AARTAPPELSUURDEEG PLANTJIE
2 koppies lou water
1 groot ongeskilde aartappel, in 8 blokkies gesny
3 teelepels suiker
1 koppie meel
½ teelepel sout

Plaas die aartappel, suiker en sout in die lou water.
Strooi die koppie meel liggies oor.
Roer dit twee keer.
Sit dit in ‘n houer wat twee keer die volume van die beslag kan neem.
Sit doekie oor, sit in plastieksak, en vou die houer toe in ‘n kombers.
Laat dit oornag staan.
Die volgende oggend kan jy vir jou ‘n halwe koppie uitskep om ‘n brood mee te bak.
Sit die res in ‘n glasfles in die yskas – jy kan dit tot 3 weke lank so hou.
Hierdie plantjie kan gebruik word vir enige suurdeegbeslag.
As die vloeistof klaar is, kan jy net weer die helfte van die water, suiker, sout en meel byvoeg.

Foto: Leilanie Claassens