SPUR SE GESONDHEIDSBROODJIE
Resep: Wilma Josey Venter
Foto: Joey Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Onthou julle die lekker volkoringbroodjies wat ons toenterjare by die Spur se “Salad Valley” gekry het om te eet? Ek het vriende gemaak met die kok van die Spur in Table View, Kaapstad doer in 1998 en hy het sy resep met my gedeel.. Ek deel dit weer met julle… Dit is so lekker…
4 x 250 ml Nutty wheat
250 ml gerolde koring
125 ml sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
15 ml bruinsuiker
10 ml sout
15 ml kitsgis
625 ml louwarm water
45 ml olie
15 ml elk papawer- en sesamsaad om oor te strooi.
Verhit die oond tot 200°C en smeer twee broodpanne met botter en spuit met kleefwerende middel.
Meng al die droe bestanddele saam in ‘n groot skottel met ‘n houtlepel.
Voeg water en olie by en meng deeglik.
Skep die mengsel in die panne en sprinkel sade oor.
Bedek die skottel met kleefplasiek, maak toe met ‘n kombers en Plaas in ‘n warm plek tot dubbel die grootte gerys.
Bak vir 45min en keer dadelik uit nadat dit gebak is en laat afkoel op ‘n draadrak voordat dit gesny word.
Lekker eet!








