DIANE SE PIESANGBROOD

2013-06-21-piesangbroodtested

DIANE SE PIESANGBROOD
Klaar gesny en heerlik!
(Die resep het ek al jare, kannie onthou by wie ek dit gekry het nie)
4 koppies koekmeel
2 koppies suiker
25 g botter
3 teelepels bakpoeier
3 teelepels koeksoda
5 – 6 groot piesangs
4 XL eiers
knippie sout

Room botter en suiker.
Klits eiers en voeg by, klits goed saam.
Meng al droë bestanddele by en voeg piesangs by.
As deeg te styf is, voeg bietjie melk by en meng goed.
Bake teen 180°C vir 1 uur of tot gaar.

BRON- DIANE ROODE HANCOX




HAWERMOUT PIESANGBROOD

hawermout piesangbrood magdetested

HAWERMOUT PIESANGBROOD
2 eiers
250 ml sagte bruinsuiker
50 ml sonneblomolie
50 ml heuning
250 ml hawermout
375 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml gemengde speserye
125 ml melk
3 oorryp piesangs, baie fyn gedruk
15 ml vars suurlemoensap

Stel die oond op 180 ºC. Smeer groot of 2 kleiner broodpanne/muffinpanne baie goed met botter of margarien of bespuit met kleerwerende middel.
Klits die eiers, suiker, olie en heuning saam tot dit goed gemeng is.
Gooi die hawermout, meel, bakpoeier, sout, speserye em melk by en meng dit goed.
Roer die piesangs en suurlemoensap by.
Skep die beslag in die broodpan of panne en bak dit 45 minute tot goudbruin en gaar. Laat dit rukkie in pan afkoel en keer dit op draadrakkie uit om heeltemal af te koel
FOTO:  Magde Van der Kolff



HEERLIKE PRUTPOT BROOD

slowcooker broodtested
HEERLIKE PRUTPOT BROOD
Resep:  Chadelain Jordaan
Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak brooddeeg
½ (halwe) koppie water
Prutpot – Groot weergawe maar ½ kleiner weergawe.

Plaas die ½ (halwe) koppie water in prutpot. Stel op High.
Plaas hele pak deeg in, druk die deeg eweredig plat op die bodem van die prutpot wat lagie water op het.
Plaas die deksel op en laat vir 1 uur en 30 min op HIGH, hy behoort dan ¾ (driekwart) gerys te wees.
Strooi dan sampioene, ½ (halwe) blikkie tamatie en uiesmoor en kaas oor.
Plaas die deksel terug op en laat vir nog 1 uur gaan.
Haal die deksel af, en laat dit nog vir ‘n verdere 30 min gaan.

(Ek het myne net ‘n ruk laat staan om af te koel, want die bak was warm. Ek het in plaas van die sampioene en tamatie en uiesmoor, bietjie kaas en uie in die deeg in geknie, voor ek dit vir die 1 uur en 30 min in die prutpot gesit het. Toe het ek tamatie baie fyn ge”chop” en kouevleis in baie klein stukkies gesny en saam met die tamatie en nog kaas bo-oor gestrooi na die 1 uur en 30 min verby is en jy die ander goed moet oor sit vir die volgende 1 uur.)

Foto van gewone brood deur Hanlie Henning:  Niks bo-op gegooi nie, net so gebak.

prutpot brood




PIESANG-WORTELKOEK-BROODJIE

wortelkoek nellatestedwortelkoek Belinda

PIESANG-WORTELKOEK-BROODJIE
Ek bak die koek graag, jy kan dit in broodpannetjies ook bak. Baie, baie lekker!
250 ml suiker
250 ml olie
3 eiers
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
knippie sout
250 ml piesangmoes
250 ml gerasperde wortel
125 ml gekapte neute


Klits suiker, olie en eier saam tot lig en donsig.
Sif die droe bestandele saam en meng met eiermengsel. Roer dan die fyn piesang, wortels en neute by. Bak by 180 ºC tot toetspennetjie skoon uitkom.
Roomkaas Versiersel:
1 bakkie roomkaas
80 g margarien
+/- 300 g versiersuiker
5 ml vanilla geursel
Klits roomkaas en margarien saam tot goed gemeng. Klits dan versiersuiker by (gooi nog versiersuiker by indien te slap) en roer laastens vanilla by. Smeer oor afgekoelde koek/broodjies.

Resep: Charlotte verwey da Silva
Foto van koek: Nella Kootstra en Belinda Minnie




GOLDEN PUMPKIN LOAF

lien se groente brood
GOLDEN PUMPKIN LOAF
Grease 15 cm x 25 cm loaf pan and line base with baking paper.
Place 300 g self-raising flour and add ground cinnamon, nutmeg and ginger to taste;
rub in 125 g chopped butter with the finger tips.
Stir in: 110 g castor sugar and 85 g raisins
then 2 eggs
60 ml milk
12,5ml vegetable oil and
125 ml cold, cooked, mashed pumpkin –

Mixture should look lumpy. Spread mixture into prepared pan;
bake in moderate over (170-180 degrees C) about 50 minutes – turn onto wire rack to cool.
Top with Orange Cream Frosting and decorate with orange shreds.

FROSTING:
Mix 125 ml softened icing sugar;
add 240 g sifted icing sugar and
add orange juice and rind for a spreading consistency.
Decorate to taste.

Recipe and picture:  HELENE KLUGE




ROSYNTJIE BROODJIE

ROSYNTJIE BROODJIE
1 pakkie bruismeel [1kg]
1—250 g pitlose rosyne
1 houertjie karringmelk (500 ml)
2 eetlepels suiker
2 gelyk teelepels bakpoeier
knippie sout

Stel oond op 180ºC.
Sif droë bestanddele saam, meng suiker saam, voeg rosyne by en meng die karringmelk by. Ek skud altyd die kartonnetjie agterna met ‘n bietjie melk uit.
Meng deeglik met houtlepel.
Skep uit in gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur.
Keer uit en laat afkoel.




VINNIGE ROSYNTJIEBROOD MET N VERSKIL

vinnige rosyntjie broodtested

VINNIGE ROSYNTJIEBROOD MET N VERSKIL
Resep: Rina Kleinhans.
Foto: Marie Grobler
FOOD LOVERS RECIPES
500 g bruismeel
1 teelepel sout
2 gelyk teelepels bakpoeier
½ koppie suiker
1 geklitste eier
½ koppie melk
½ koppie lou water
1 koppie pitlose rosyntjies

Meng bestanddele behalwe rosyne goed en druk oop op meelbestrooide oppervlak.
Strooi rosyntjies oor en rol op.
Sit in gesmeerde broodpannetjie.
Bak ongeveer 45 min by 180 ºC.




ROSYNTJIEBROOD


ROSYNTJIEBROOD
Foto:  Vidius Archer
Resep:  Desire Oconnor
FOOD LOVERS RECIPES
Die reseppie soos hy nou in ons familie versameling verskyn: ROSYNTJIEBROOD
“Hier is ‘n BAIE lekker rosyntjiebrood resep. Bitter baie gebak en ‘flop proof’. Probeer dit gerus. Al BAIE gebak. Probeer dit gerus, rys sommer in die oond terwyl dit bak.”
500 g bruismeel
1 koppie suiker
1 koppie melk (ek – Vidius – gebruik karringmelk)
1 koppie water
1 teelepel sout
1 tot 1½ koppies rosyne
1 eier
Maak seker alles is by kamertemperatuur.
Meng alles goed, skep in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak vir een uur by 180ºC.
Wenk – Glasseersel:
Eier geklits met bietjie melk. Smeer ‘n bietjie glasseersel bo-oor voor in oond sit.
Nota: Rina Kleinhans
Meng rosyne goed met ekstra meel – dit verhoed dat rosyne afsak na bodem van broodjie tydens bak proses

 




SPUR SE GESONDHEIDSBROODJIE

SPUR SE GESONDHEIDSBROODJIE
Resep: Wilma Josey Venter
Foto:  Joey Kemp
FOOD LOVERS RECIPES
Onthou julle die lekker volkoringbroodjies wat ons toenterjare by die Spur se “Salad Valley” gekry het om te eet? Ek het vriende gemaak met die kok van die Spur in Table View, Kaapstad doer in 1998 en hy het sy resep met my gedeel.. Ek deel dit weer met julle… Dit is so lekker…

4 x 250 ml Nutty wheat
250 ml gerolde koring
125 ml sonneblomsaad
125 ml pitlose rosyne
15 ml bruinsuiker
10 ml sout
15 ml kitsgis
625 ml louwarm water
45 ml olie
15 ml elk papawer- en sesamsaad om oor te strooi.

Verhit die oond tot 200°C en smeer twee broodpanne met botter en spuit met kleefwerende middel.
Meng al die droe bestanddele saam in ‘n groot skottel met ‘n houtlepel.
Voeg water en olie by en meng deeglik.
Skep die mengsel in die panne en sprinkel sade oor.
Bedek die skottel met kleefplasiek, maak toe met ‘n kombers en Plaas in ‘n warm plek tot dubbel die grootte gerys.
Bak vir 45min en keer dadelik uit nadat dit gebak is en laat afkoel op ‘n draadrak voordat dit gesny word.
Lekker eet!

 

 

 




WARMWATER SUURDEEG

warmwater suurdeeg dawie

WARMWATER SUURDEEG
Dis n lang proses.Wees gewaarsku.
Die aand voor jy bak, moet jy jou suurdeeg begin maak.
Kook so 2L water.
Skil 2 groterige aartappels en sny in kwarte, of rasper die aartappel.
Laat water afkoel sodat jy nie brand as jy jou hand daarin steek nie.
Giet in ‘n groot kastrol met ‘n deksel.
Hy moet omtrent 5L vloeistof kan vat, nie ‘n aluminium kastrol. Hy slaan aan.
Giet die water daarin saam met 1 eetlepel sout, 1 eetlepel suiker en 1 eetlepel koeksoda.
Strooi so 2 koppies witbroodmeel bo-op die water met so ‘n hopie meel in die middel.
Sit die kastrol in ‘n plastiekskottel met warm water en maak die hele konkoksie toe en sit ‘n warmwatersak of elektriese kombers by hom aan om warm te bly deur die nag.

Die volgende oggend roer jy die hele storie deurmekaar.
Voeg nog ‘n bietjie sterk warm water by en strooi weer meel so bo-op in die kastrol.
Hou weer warm. Kyk so na ‘n uur. Die inhoud moet omtrent lyk soos die foto hierbo.
As hy nog nie so lyk nie, hou hom nog warm vir ‘n uur en kyk weer.
Sterkte
Resep:  Dawie Vd Heever