

MERINGUE NESTS MADE WITH PAVLOVA
125 ml egg whites (4 to 5 egg whites)
250 g / 300 ml castor sugar
15 ml corn flour
7,5 ml white vinegar
7,5 ml vanilla essence (or essence flavour of choice, rose or lime works well)
To garnish when serving:
500 ml whipped cream
250 ml fruits or berries of choice
sprigs of tiny green leaves or mint
Continue reading
Author Archives: Stien
VARKNEK MET GROENTE


VARKNEK MET GROENTE
Iets vir diegene wat ‘n weber en rottisserie het.
Varknek (myne was 1.9 kg )
Hasty tasty sweet and sour ginger and onion sous
Butter nut, marrows, rooi uie, geel en rooi peppers
Royco sweet and spicy apricot kook-in sous
sout en peper
Weber kersie hout “firespice”
Baste en spuit die varknek in met die hasty tasty sous. Continue reading
UIE EN JOGURTKAAS BALLE


UIE EN JOGURTKAAS BALLE
Sjef Liezl het gistraand vir ons die uie en jogurtkaas balle oppie kole in die rooi pannetjie gebak.
Dit was vir ‘n oudurfie en tog te lekker.
14 piekeluietjies, wat uitgehol is
1 potjie jogurtkaas
eier, meel en krummels, om uietjies in te rol
Stop die uitgeholde uie met die jogurtkaas en rol dit in die meel, dan die eier en dan die krummels
Bak dan in vlak olie tot mooi goudbruin en siedaar.
Ons het dit gedip in ‘n mayonnaise, knoffel en stiracha sous.
(jogurt kaas: dit is ‘n kaas wat Liezl gekoop het by ‘n kersmark, dit is soos ronde balletjies wat gegeur is en in ‘n potjie olie – jy geur kos daarmee)
Foto: Gideon Louw
Resep: Liezl Louw
GIDEON SE HOENDERVLERKIES OP STOKKIES


GIDEON SE HOENDERVLERKIES OP STOKKIES
Ek en vroulief het soooooo lekker gebraai vannaand.
Ek dink môre gaan sy kekkel en ek kraai en as ‘n aartappel ‘n geluid kon maak, sou ons dit die koor genoem het maar lekker was dit beslis.
Ek het aartappels geskil en dit gekook in water tot gaar.
Ek het dit toe met ‘n vurk lekker skurf gekrap en toe in my rooi pannetjie oppie kole gebak tot goudbruin en dit toe besprinkel met parmasaan kaas terwyl dit warm is. Sjoe dit was baaaaaaaaaie lekker met so ‘n krisp korsie aan die buitekant. Jy moet natuurlik ‘n bietjie sout byvoeg.
Die hoener vlerkies was die tweede lekkerte, maar kry ook eerste plek.
Ek het die vlerkies op sosatie stokkies (dit hou dan die vlerkie lekker reguit en die punte gaan nie deur die rooster se gate en brand swart nie) gesteek en gemarineer vir drie tot vier ure met ‘n sous wat bestaan het uit:
Continue reading
BOERE SAMOOSAS


BOERE SAMOOSAS
1 groot ui, fyngekap
25 ml olie
250 g maalvleis
10 ml kerrie poeier
5 ml borrie
5 ml sout
25 ml mielieblom
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
100 g botter/ kamertemperatuur
± 100 ml koue water
Continue reading
FRAMBOOSKOEK


FRAMBOOSKOEK
400 g suiker
400 g sagte botter
8 eiers, geklits
500 g bruismeel
3 teelepels bakpoeier
1 koppie framboos stroop, gemeng met gekapte frambose
Vulsel:
500 ml room
250 g bakkie mascarpone
250 g bakkie roomkaas
6 eetlepels suiker
frambose vir tussenin (ek het van die gekapte frambose in die vulsel gemeng)
Continue reading
GEKOOKTE VRUGTE MET VLA AS BYKOS


GEKOOKTE VRUGTE MET VLA
500 g gedroogde vrugte (perskes en pruime of appelkose)
500 ml water
45 g suiker
1 kaneelstok
1 eetlepel vla om sous te verdik.
Kook vrugte tot sag en verdik sous.
Bedien as ‘n bykos by skaapvleis en kerrie.
Resep geplaas deur Anel Bester
NUTELLA OATMEAL WITH SLICED ASIAN PEARS AND FRESH BLUEBERRIES


NUTELLA OATMEAL WITH SLICED ASIAN PEARS AND FRESH BLUEBERRIES
50 g of oatmeal : 34 calories
½ an Asian pear, sliced : 58 calories
¼ cup fresh blueberries : 21.25 calories
Nutella (chocolate-hazelnut butter) : 2 tsp : 66.66 calories
179.91 calories
Cook oatmeal with ½ cup of water on stove top. Add Nutella and a pinch of maldon salt (0 calories).
When cooked, serve with sliced Asian pear and fresh blueberries. Continue reading
BLATJANG EN MAYONNAISE HOENDER MET SOPPOEIER


BLATJANG EN MAYONNAISE HOENDER MET SOPPOEIER
Ek is seker almal ken hierdie beroemde resep😀
Meng:
1 koppie water
½ pakkie bruin uie soppoeier
Voeg by:
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise
Strooi sout oor rou hoender stukke.
Strooi gemengde sous oor hoender.
Bak vir 90 min in oond by 180°C.
Resep geplaas deur Benita Rodrigues
Foto: Benita Rodrigues
OUMA LINA SE VRUGTEKOEK



OUMA LINA SE VRUGTEKOEK
Die koek het my skoonma al die jare vir ons gebak vir kersfees en vir haar seuns se troues.
500 g koekvrugte
1 koppie water
250 g botter
1 koppie suiker
1 teelepel koeksoda
Kook vir 10 minute saam.
Sny 125 g dadels en 125 g kersies by en laat afkoel.
Klits 3 eiers en 2 Eetlepels brandewyn saam.
Continue reading

