

BOERE SAMOOSAS
1 groot ui, fyngekap
25 ml olie
250 g maalvleis
10 ml kerrie poeier
5 ml borrie
5 ml sout
25 ml mielieblom
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
100 g botter/ kamertemperatuur
± 100 ml koue water
Braai ui oor matige hitte tot sag. Voeg maalvleis by, roer met vurk tot los en braai tot gaar. Voeg kerriepoeier, borrie en sout by en braai 5 min. Maak mielieblom aan met bietjie water tot pasta, roer by vleismengsel en kook tot dik. Laat afkoel.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in meelmengsel in.
Sny die water met ‘n slaplem mes in, gebruik genoeg water om ‘n stywe deeg te vorm.
Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels, 9 cm in deursnee uit.
Skep teelepelsvol vulsel op elke sirkel.
Maak die rande van die deegsirkels klam met koue water. Vou die helfte van die deegsirkel oor die vulsel en druk die boonste rand styf op die onderste rand vas.
Braai die tertjies in warm, diep kookolie tot uitgerys en goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Resep geplaas deur Louise Groenewald
Foto: Rista Dykes Du Plessis






