MERINGUE NESTS MADE WITH PAVLOVA


MERINGUE NESTS MADE WITH PAVLOVA
125 ml egg whites (4 to 5 egg whites)
250 g / 300 ml castor sugar
15 ml corn flour
7,5 ml white vinegar
7,5 ml vanilla essence (or essence flavour of choice, rose or lime works well)
To garnish when serving:
500 ml whipped cream
250 ml fruits or berries of choice
sprigs of tiny green leaves or mint

Put egg whites in bowl of electric mixer and beat with balloon whisk until soft peak stage. Beat in the castor sugar a spoonful at a time, mixing the corn flour with the last spoonful. Beat in the vinegar and essence flavour of choice, continuing beating until it’s thick and glossy.
Cover the bottom of a tray with baking paper or tinfoil and spray non stick over the paper or tinfoil. Preheat the oven to 130°C.
Put equal amounts of meringue on the sheet a little distance apart as they do spread a bit (see photo) and shape a hollow in the middle to form a nest. I find an ice cream scoop works well to measure equal quantities.
Bake for 1 hour at 110°C. Switch off the oven and allow to cool in the oven for at least an hour. I leave in the switched off oven overnight.
To garnish put a spoonful of whipped cream in the hollow made for the best. Sprinkle the berries, nuts and green leaves around. Serve immediately.
Made 15 medium sized meringue nests.
Recipe posted by Elsabie Templeton
Photo: Elsabie Templeton




VARKNEK MET GROENTE


VARKNEK MET GROENTE
Iets vir diegene wat ‘n weber en rottisserie het.
Varknek (myne was 1.9 kg )
Hasty tasty sweet and sour ginger and onion sous
Butter nut, marrows, rooi uie, geel en rooi peppers
Royco sweet and spicy apricot kook-in sous
sout en peper
Weber kersie hout “firespice”

Baste en spuit die varknek in met die hasty tasty sous.
Kap die botterskorsie, murgpampoentjies en uie in blokke van so 2 x 2 cm en plaas die groente in ‘n foelie bak, voeg die “cook in” sous by die groente en sprinkel bietjie sout en peper oor die groente.
Sit ‘n hand vol “firespice” in ‘n houer met kook water. ( Dit laat die hout nat word en sodoende rook as jy dit op die kole sit)
Steek die weber se vuur aan, maak gebruik van jou “fire chimney”. As jy nie een het nie, maak seker dat jy jou kole net aan een kant van die weber maak. Ek maak gebruik van die indirekte hitte metode as ek iets op die rottisserie sit.
Sodra jou vuur reg is, sit die varknek op die rottisserie en maak seker hy is mooi vas.
Jy gaan jou rooster op die weber nodig hê sodat jy jou groente daarop kan sit. Gooi dan die nat “firespice” bo op die kole en plaas alles in jou weber braai.
Die groente word met die foelie bak direk onder die rottisserie gesit, sodat genoeg sous dan oor die groente drip. Sowat ‘n half uur nadat jy die varknek opgesit het, kan jy dit weer smeer met die hasty tasty sous.
Sodra die interne temperatuur van die varknek tussen 75 en 80 ºC is, sal die varknek reg wees. Dit het myne presies ‘n uur en 50 minute gevat om gaar te word. Jy los die groente solank as wat jy die vleis los, dit sal gaar wees.
Resep en foto: Gerhard Opie Pretorius




UIE EN JOGURTKAAS BALLE


UIE EN JOGURTKAAS BALLE
Sjef Liezl het gistraand vir ons die uie en jogurtkaas balle oppie kole in die rooi pannetjie gebak.
Dit was vir ‘n oudurfie en tog te lekker.
14 piekeluietjies, wat uitgehol is
1 potjie jogurtkaas
eier, meel en krummels, om uietjies in te rol

Stop die uitgeholde uie met die jogurtkaas en rol dit in die meel, dan die eier en dan die krummels
Bak dan in vlak olie tot mooi goudbruin en siedaar.
Ons het dit gedip in ‘n mayonnaise,  knoffel en stiracha sous.
(jogurt kaas: dit is ‘n kaas wat Liezl gekoop het by ‘n kersmark, dit is soos ronde balletjies wat gegeur is en in ‘n potjie olie – jy geur kos daarmee)
Foto: Gideon Louw
Resep: Liezl Louw




GIDEON SE HOENDERVLERKIES OP STOKKIES


GIDEON SE HOENDERVLERKIES OP STOKKIES
Ek en vroulief het soooooo lekker gebraai vannaand.
Ek dink môre gaan sy kekkel en ek kraai en as ‘n aartappel ‘n geluid kon maak, sou ons dit die koor genoem het maar lekker was dit beslis.
Ek het aartappels geskil en dit gekook in water tot gaar.
Ek het dit toe met ‘n vurk lekker skurf gekrap en toe in my rooi pannetjie oppie kole gebak tot goudbruin en dit toe besprinkel met parmasaan kaas terwyl dit warm is. Sjoe dit was baaaaaaaaaie lekker met so ‘n krisp korsie aan die buitekant. Jy moet natuurlik ‘n bietjie sout byvoeg.
Die hoener vlerkies was die tweede lekkerte, maar kry ook eerste plek.
Ek het die vlerkies op sosatie stokkies (dit hou dan die vlerkie lekker reguit en die punte gaan nie deur die rooster se gate en brand swart nie) gesteek en gemarineer vir drie tot vier ure met ‘n sous wat bestaan het uit:

3 eetlepels heuning
2 eetlepels Dijon mosterd
3 eetlepels olyfolie
1 teelepel witpeper
½ teelepel chillie vlokkies
1 teelepel Italian herbs
1 teelepel knoffelvlokkies
1 teelepel aromat
4 eetlepels gekerfde grasuie
2 eetlepels gekerfde tiemie

Alles is saam gemeng en oor die vlerkies gesmeer en laat staan innie koelkas.
Ek het die vlerkies op starige kole gebraai tot lekker deur gaar.
Sjoe was djeeeeerlik !
Ons het die hoener en aartappels geniet saam met ‘n gebraaide worsie en ‘n mengelslaai.
En kyk Pieter Coetzee sal natuurlik vra ” en wat van ‘n fynetjie ” Pieter ek’t ‘n fynetjie ook gevat.
Foto en resep: Gideon Louw




BOERE SAMOOSAS


BOERE SAMOOSAS
1 groot ui, fyngekap
25 ml olie
250 g maalvleis
10 ml kerrie poeier
5 ml borrie
5 ml sout
25 ml mielieblom
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
100 g botter/ kamertemperatuur
± 100 ml koue water

Braai ui oor matige hitte tot sag. Voeg maalvleis by, roer met vurk tot los en braai tot gaar. Voeg kerriepoeier, borrie en sout by en braai 5 min. Maak mielieblom aan met bietjie water tot pasta, roer by vleismengsel en kook tot dik. Laat afkoel.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in meelmengsel in.
Sny die water met ‘n slaplem mes in, gebruik genoeg water om ‘n stywe deeg te vorm.
Rol die deeg dun uit op meelbestrooide oppervlak. Druk sirkels, 9 cm in deursnee uit.
Skep teelepelsvol vulsel op elke sirkel.
Maak die rande van die deegsirkels klam met koue water. Vou die helfte van die deegsirkel oor die vulsel en druk die boonste rand styf op die onderste rand vas.
Braai die tertjies in warm, diep kookolie tot uitgerys en goudbruin.
Dreineer op kombuispapier.
Resep geplaas deur Louise Groenewald
Foto: Rista Dykes Du Plessis




FRAMBOOSKOEK


FRAMBOOSKOEK
400 g suiker
400 g sagte botter
8 eiers, geklits
500 g bruismeel
3 teelepels bakpoeier
1 koppie framboos stroop, gemeng met gekapte frambose

Vulsel:
500 ml room
250 g bakkie mascarpone
250 g bakkie roomkaas
6 eetlepels suiker
frambose vir tussenin (ek het van die gekapte frambose in die vulsel gemeng)

Klits mascarpone en roomkaas tot glad, vou gekapte frambose in, klits room tot styf en vou by mascarpone mengsel in.
Meng die koekbestanddele alles saam. Skep in 3 x 23 cm koekpanne. Bak teen 180°C vir 30 minute of tot gaar.
Maak ‘n stroop met die bevrore gekapte frambose, smeer van die stroop op die eerste laag.
Skep vulsel op en strooi van die frambose bo oor, herhaal nog 1 keer en versier die laaste laag.
Foto: Petré van Jaarsveld




GEKOOKTE VRUGTE MET VLA AS BYKOS


GEKOOKTE VRUGTE MET VLA
500 g gedroogde vrugte (perskes en pruime of appelkose)
500 ml water
45 g suiker
1 kaneelstok
1 eetlepel vla om sous te verdik.

Kook vrugte tot sag en verdik sous.
Bedien as ‘n bykos by skaapvleis en kerrie.
Resep geplaas deur Anel Bester




NUTELLA OATMEAL WITH SLICED ASIAN PEARS AND FRESH BLUEBERRIES


NUTELLA OATMEAL WITH SLICED ASIAN PEARS AND FRESH BLUEBERRIES
50 g of oatmeal : 34 calories
½ an Asian pear, sliced : 58 calories
¼ cup fresh blueberries : 21.25 calories
Nutella (chocolate-hazelnut butter) : 2 tsp : 66.66 calories
179.91 calories
Cook oatmeal with ½ cup of water on stove top. Add Nutella and a pinch of maldon salt (0 calories).
When cooked, serve with sliced Asian pear and fresh blueberries.

***Whole-wheat sourdough toast with smashed fresh avocado and poached eggs
Whole-wheat sourdough : 114 calories for one medium slice
Smashed avocado : 50g : 80 calories
Lemon juice : 0 calories
Maldon salt and black pepper mix : 0 calories
Eggs: 78 calories each

Poach eggs in white vinegar water to desired softness. Drain on paper towel. Add maldon salt and pepper mix to taste.
Smash avocado with ½ tbsp real-lemon lemon juice.
Top with two poached eggs, maldon salt and pepper sprinkle to taste.
This dish : 350 calories
If you use 1 tsp butter on toast : Add another 34 calories
Recipe and photo: Annie Goussard Newton




BLATJANG EN MAYONNAISE HOENDER MET SOPPOEIER


BLATJANG EN MAYONNAISE HOENDER MET SOPPOEIER
Ek is seker almal ken hierdie beroemde resep😀
Meng:
1 koppie water
½ pakkie bruin uie soppoeier
Voeg by:
1 koppie blatjang
1 koppie mayonnaise

Strooi sout oor rou hoender stukke.
Strooi gemengde sous oor hoender.
Bak vir 90 min in oond by 180°C.
Resep geplaas deur Benita Rodrigues
Foto: Benita Rodrigues




OUMA LINA SE VRUGTEKOEK


OUMA LINA SE VRUGTEKOEK
Die koek het my skoonma al die jare vir ons gebak vir kersfees en vir haar seuns se troues.
500 g koekvrugte
1 koppie water
250 g botter
1 koppie suiker
1 teelepel koeksoda
Kook vir 10 minute saam.
Sny 125 g dadels en 125 g kersies by en laat afkoel.
Klits 3 eiers en 2 Eetlepels brandewyn saam.

Sif saam:
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel mixed spice

Meng alles saam en bak in ‘n ronde 22 cm pan teen 150°C vir 1½ uur.
Foto en resep: Anmarie Watney‎
2de foto:  Natacha Visagie