Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaisemengsel ‘n halfuur voor opdiening by.
Author Archives: Rina Kleinhans
SUURLEMOEN-ATJAR
SUURLEMOEN-ATJAR
Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.
12-15 klein suurlemoene of lemmetjies
45 ml growwesout
60 ml atjar-masala
45 ml fenegriek (methi)
15 ml selderysaad
2 – 4 groen brandrissies, ontpit en gekap
300 ml suurlemoensap
Verhit ‘n groot kastrol vol water tot kookpunt. Verwyder van die stoofplaat, voeg die suurlemoene by en laat dit vir ‘n paar uur week tot sag. Continue reading
BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN SHERRY
BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN SHERRY
500 g botterskorsie, geskil en in skywe gesny
45 ml lemoensap
15 ml sherry
45 ml bruinsuiker
30 ml botter of margarien
knypie fyn kaneel en knypie sout
Rangskik die botterskorsieskywe in ‘n vlak oondvaste bak. Sprinkel die
lemoensap, sherrie en bruinsuiker eweredig oor. Stip met die botter of
margarien. Geur met kaneel en sout.
Bedek met foelie (blink kant na binne) en bak ‘n uur lank in ‘n voorverhitte oond by 180ºC
Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20 minute tot effens bruin. Sit dadelik voor.
AARTAPPELSKYFIEHOENDER
AARTAPPELSKYFIEHOENDER
1 hoender, in porsies gesny
sout en peper
45 ml botter, gesmelt
2 knoffelhuisies, gekneus
1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies Continue reading
KERRIE-PIESANGS
BLOMKOOL SLAAI


BLOMKOOL SLAAI
Nog n kool slaaitjie
In middelmatige blomkool kop
1 klein uitjie of halwe ui gekap
¼ teelepel knoffel fyngekap
1 pakkie spekvleis
150 g Sterk Cheddar kaas klein blokkies gesny
Sout en peper
Slaaisous:
1 groot bottel mayonnaise
1 bottel knorr griekse slaaisous Continue reading
MAKLIKE MIELIETERT
1 koppie bruismeel
4 eetlepels suiker
4 eetlepels gesmelte botter
1 teelepel vanilla geursel
1 blikkie roommielies
Meng alles saam en sit in voorbereide oondvaste bak.
Bak by 180 ºC vir ongeveer 1 uur tot goudbruin en gestol.
Resep: Mariana Cassie Carosini
YOLANDI SE LEKKER KNOFFELBROOD
Nou wil ek ‘n resep met julle deel, dis die lekkerste garlic broodjie wat jul ooit aan jul lippe sal kan sit.
Ek kry die resep by my pa, het hom nou al seker 2 jaar en almal eet hul vingers af vir dit.
Vat 6 – 10 lang buns (net hoeveel jy wil maak en hoeveel gaste jul gaan hê, maar glo my maak baie).
Sny dit in so 5 – 7 cm, dan pak jy dit in ‘n pan mooi styf teen mekaar, maar die binnekant moet boontoe wys.
Dan meng jy ‘n koppie mayonnaise en ‘n koppie gerasperde kaas in ‘n bak dit moenie te loperig wees nie en ook nie te droog nie. (julle sal sien as jul dit meng) so meet met die oog. Continue reading
MELKTERT MET SMEER DEGIE
MELKTERT MET SMEER DEGIE
Resep en foto: Zelda Fouche
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
2 eetlepels suiker
2 eetlepels botter
2 eiers
2 hoogvol eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Meng suiker en botter tot room.
Klits eier en voeg by bottermengsel.
Voeg meel, bakpoeier en sout by.
Meng tot slap deeg.
Smeer beslag in 2 groot tert bakke met slap lem mes.
Moenie die deeg tot bo teen die rand smeer nie. Continue reading
AARTAPPELS VIR BRAAI
Sit alles in ‘n pan, smelt botter as dit gekoopte knoffelbotter is. Of maak jou eie met botter, knoffel, sout en pepper en ‘n spuit suurlemoensap.
Skep die botter oor die aartappels en uie, maak toe met foelie en bak in die oond op 220 ºC vir ‘n uur of tot bruin.










