MELKTERT MET SMEER DEGIE
Kors:
2 eetlepels suiker
2 eetlepels botter
2 eiers
2 hoogvol eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Meng suiker en botter tot room.
Klits eier en voeg by bottermengsel.
Voeg meel, bakpoeier en sout by.
Meng tot slap deeg.
Smeer beslag in 2 groot tert bakke met slap lem mes.
Moenie die deeg tot bo teen die rand smeer nie.
Vulsel:
8 koppies melk
2 eetlepels botter
1 ¼ koppies suiker
6 eetlepels meel
6 eetlepels mielieblom
½ teelepel sout
6 eiers (hou 2 witte uit en klop styf)
2 teelepels Vanilla of lemoen geursel
Kook melk en botter saam.
Meng suiker, meel, mielieblom, sout en eiers saam.
Sit bietjie van die koue melk by om te keer dat hy klonte maak.
As melk amper kook, voeg die mengsel stadig by terwyl jy roer.
Roer aanhoudend tot die melkmengsel goed kook en dit dik is.
Voeg die geursel by en vou die eierwitte in.
Skep in tertbakke oor rou kors beslag.
Bak teen 180 ºC totdat die kors gaar en bruin is.
Ek sprinkel kaneel oor so 5 min voor ek hulle uit die oond haal.
Resep en foto: Zelda Fouche








