SUURLEMOEN-ATJAR
Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.
12-15 klein suurlemoene of lemmetjies
45 ml growwesout
60 ml atjar-masala
45 ml fenegriek (methi)
15 ml selderysaad
2 – 4 groen brandrissies, ontpit en gekap
300 ml suurlemoensap
Verhit ‘n groot kastrol vol water tot kookpunt. Verwyder van die stoofplaat, voeg die suurlemoene by en laat dit vir ‘n paar uur week tot sag.Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny die suurlemoene in agt wiggies. Verwyder die pitte. Plaas die wiggies in ‘n bak wat nie van metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit oraloor die wiggies.
Plaas die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die suurlemoensap tot kookpunt en giet dit oor die suurlemoene. Seël die flesse en laat dit vir ‘n paar dae staan voor gebruik. Hou die atjar in die yskas nadat dit oopgemaak is.
Nota:
Die resep gee 4 medium groot flesse.
Bereidingstyd is 30 minute, plus weektyd.








Done