

BLOMKOOL SLAAI
Nog n kool slaaitjie
In middelmatige blomkool kop
1 klein uitjie of halwe ui gekap
¼ teelepel knoffel fyngekap
1 pakkie spekvleis
150 g Sterk Cheddar kaas klein blokkies gesny
Sout en peper
Slaaisous:
1 groot bottel mayonnaise
1 bottel knorr griekse slaaisous
Breek blomkool in blommetjies, was mooi af en blansjeer in sout water. Dit moet nie gaar wees nie.
Braai spekvleis tot bros.
Sit blomkool in kosverwerker en kap met pols bewegings nie te fyn nie.
Kap spekvleis fyn in kosverwerker apart.
Plaas blomkool in slaaibak saam met spekvleis, uie en knoffel.
Strooi sout en peper oor.
Meng die slaaisous bestanddele en meng met slaai, bere in yskas eendag voor gebruik word net lekkerder.
Slaaisous:
Meng en sit in bottels, bêre in die yskas. Baie lekker saam enige slaai of meng slaaisous met mayonaise na smaak in kleiner hoeveelhede.
Resep: Corne Marais






