BROODSLAAI (maklike een)
Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaisemengsel ‘n halfuur voor opdiening by.
Diepbraai broodblokkies in olie tot bruin. Dreineer en laat afkoel. Voeg die res van die bestanddele by die mayonnaisemengsel ‘n halfuur voor opdiening by.
SUURLEMOEN-ATJAR
Dié atjar is die perfekte bykos vir enige spesery-gereg.
12-15 klein suurlemoene of lemmetjies
45 ml growwesout
60 ml atjar-masala
45 ml fenegriek (methi)
15 ml selderysaad
2 – 4 groen brandrissies, ontpit en gekap
300 ml suurlemoensap
Verhit ‘n groot kastrol vol water tot kookpunt. Verwyder van die stoofplaat, voeg die suurlemoene by en laat dit vir ‘n paar uur week tot sag.Sny die bo- en onderpunte van die suurlemoene af en sny die suurlemoene in agt wiggies. Verwyder die pitte. Plaas die wiggies in ‘n bak wat nie van metaal is nie. Meng die sout en speserye saam en sprinkel dit oraloor die wiggies.
Plaas die wiggies in gesteriliseerde flesse. Verhit die suurlemoensap tot kookpunt en giet dit oor die suurlemoene. Seël die flesse en laat dit vir ‘n paar dae staan voor gebruik. Hou die atjar in die yskas nadat dit oopgemaak is.
Nota:
Die resep gee 4 medium groot flesse.
Bereidingstyd is 30 minute, plus weektyd.
BOTTERSKORSIE GEBAK MET LEMOEN SHERRY
500 g botterskorsie, geskil en in skywe gesny
45 ml lemoensap
15 ml sherry
45 ml bruinsuiker
30 ml botter of margarien
knypie fyn kaneel en knypie sout
Rangskik die botterskorsieskywe in ‘n vlak oondvaste bak. Sprinkel die
lemoensap, sherrie en bruinsuiker eweredig oor. Stip met die botter of
margarien. Geur met kaneel en sout.
Bedek met foelie (blink kant na binne) en bak ‘n uur lank in ‘n voorverhitte oond by 180ºC
Verwyder die foelie en bak oop vir nog 20 minute tot effens bruin. Sit dadelik voor.
AARTAPPELSKYFIEHOENDER
1 hoender, in porsies gesny
sout en peper
45 ml botter, gesmelt
2 knoffelhuisies, gekneus
1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies
Plaas hoenderporsies met vel na bo in gesmeerde oondskottel. Geur.
Voeg die fyn knoffel by die gesmelte botter en bedrup hoender daarmee.
Maak die aartappelskyfies fyn en sprinkel oor die hoender.
Bak in voorverhitte oond teen 200° vir ‘n uur.


BLOMKOOL SLAAI
Nog n kool slaaitjie
In middelmatige blomkool kop
1 klein uitjie of halwe ui gekap
¼ teelepel knoffel fyngekap
1 pakkie spekvleis
150 g Sterk Cheddar kaas klein blokkies gesny
Sout en peper
Slaaisous:
1 groot bottel mayonnaise
1 bottel knorr griekse slaaisous
Breek blomkool in blommetjies, was mooi af en blansjeer in sout water. Dit moet nie gaar wees nie.
Braai spekvleis tot bros.
Sit blomkool in kosverwerker en kap met pols bewegings nie te fyn nie.
Kap spekvleis fyn in kosverwerker apart.
Plaas blomkool in slaaibak saam met spekvleis, uie en knoffel.
Strooi sout en peper oor.
Meng die slaaisous bestanddele en meng met slaai, bere in yskas eendag voor gebruik word net lekkerder.
Slaaisous:
Meng en sit in bottels, bêre in die yskas. Baie lekker saam enige slaai of meng slaaisous met mayonaise na smaak in kleiner hoeveelhede.
Resep: Corne Marais
Nou wil ek ‘n resep met julle deel, dis die lekkerste garlic broodjie wat jul ooit aan jul lippe sal kan sit.
Ek kry die resep by my pa, het hom nou al seker 2 jaar en almal eet hul vingers af vir dit.
Vat 6 – 10 lang buns (net hoeveel jy wil maak en hoeveel gaste jul gaan hê, maar glo my maak baie).
Sny dit in so 5 – 7 cm, dan pak jy dit in ‘n pan mooi styf teen mekaar, maar die binnekant moet boontoe wys.
Dan meng jy ‘n koppie mayonnaise en ‘n koppie gerasperde kaas in ‘n bak dit moenie te loperig wees nie en ook nie te droog nie. (julle sal sien as jul dit meng) so meet met die oog.
Meng dan knoffel saam met dit so 3 – 4 eetlepels vol.
Smeer dit oor al die buns in die pan lekker dik tot alles bedek is.
Sprinkel paprika oor, lekker baie.
Sprinkel weer gerasperde kaas bo-oor .
Bak in die oond op 180 ºC tot bruin.
Dis baie lekker saam ‘n braai of ‘n voorgereg.
Resep: Yolandi van den Heever
Foto: Corne Marais
MELKTERT MET SMEER DEGIE
Resep en foto: Zelda Fouche
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
2 eetlepels suiker
2 eetlepels botter
2 eiers
2 hoogvol eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
¼ teelepel sout
Meng suiker en botter tot room.
Klits eier en voeg by bottermengsel.
Voeg meel, bakpoeier en sout by.
Meng tot slap deeg.
Smeer beslag in 2 groot tert bakke met slap lem mes.
Moenie die deeg tot bo teen die rand smeer nie.
Vulsel:
8 koppies melk
2 eetlepels botter
1 ¼ koppies suiker
6 eetlepels meel
6 eetlepels mielieblom
½ teelepel sout
6 eiers (hou 2 witte uit en klop styf)
2 teelepels Vanilla of lemoen geursel
Kook melk en botter saam.
Meng suiker, meel, mielieblom, sout en eiers saam.
Sit bietjie van die koue melk by om te keer dat hy klonte maak.
As melk amper kook, voeg die mengsel stadig by terwyl jy roer.
Roer aanhoudend tot die melkmengsel goed kook en dit dik is.
Voeg die geursel by en vou die eierwitte in.
Skep in tertbakke oor rou kors beslag.
Bak teen 180 ºC totdat die kors gaar en bruin is.
Ek sprinkel kaneel oor so 5 min voor ek hulle uit die oond haal.
Sit alles in ‘n pan, smelt botter as dit gekoopte knoffelbotter is. Of maak jou eie met botter, knoffel, sout en pepper en ‘n spuit suurlemoensap.
Skep die botter oor die aartappels en uie, maak toe met foelie en bak in die oond op 220 ºC vir ‘n uur of tot bruin.