AARTAPPELSKYFIEHOENDER
1 hoender, in porsies gesny
sout en peper
45 ml botter, gesmelt
2 knoffelhuisies, gekneus
1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies
Plaas hoenderporsies met vel na bo in gesmeerde oondskottel. Geur.
Voeg die fyn knoffel by die gesmelte botter en bedrup hoender daarmee.
Maak die aartappelskyfies fyn en sprinkel oor die hoender.
Bak in voorverhitte oond teen 200° vir ‘n uur.