

NOUGAT VAN GOUESTROOP
In dikboom kastrol:
250 ml suiker
125 ml koue water
en 100 ml goue stroop
Kook saam tot mengsel ‘n stywe balletjie vorm as bietjie van mengsel in koue water gegooi word, of as jy ‘n termometer gebruik, kook tot 120°C.
Haal van stoof af en klits 3 eierwitte styf, in aparte skoon glasbak, nie droog nie.
Gooi stroop-vloeistof stadig by eierwitte terwyl jy aanhoudend klits.
Kook nog hoeveelheid stroop van dieselfde hoeveelheid bestanddele tot stywe balletjie vorm en gooi weer stadig by eierwit mengsel terwyl jy aanhoudend klits. Continue reading














