HAM EN KAAS ROL
Ek het die Cheese Griller resep gevat en ‘n Ham en Kaas rol prober maak. Nou ja so lyk dit vanoggend.
Die Ham Kaas rol het heel lekker uit gekom. Daar is twee dinge.
Ek het die vleis dalk bietjie te grof gemaal. 8 mm
Ek moes dit nog so n uur langer gekook het. Nie rou nie nog net nie mooi deur getrek nie maar anders lekker.
Ek gebruik 500 gram Cheddar kaas in blokkies gesny by elke 3 kg vleis mengsel.
Ek stop die Palony casing met die vulsul so styf as moontlik omtrent stampvol.Net nie oop bars nie.
Op navraag het iemand vir my gese kook dit stadig nie meer as 70 grade nie. Die water moenie borrel nie. Kook vir 3 tot 4 ure. Continue reading
















