BOEREWORS EN RYSGEREG
Vanaand se boerewors en rys gereg. Plaas die volgende in ‘n oondvaste bak.
1 ½ handvol rou rys per persoon, groente van jou keuse, vanaand is ons keuse wortels, botterskorsie, broccoli en pietersielie.
Meng 1 pakkie bruin uiesop poeier en ½ bottel witwyn in ‘n 1 liter beker.
Vul die res van die 1 liter beker met kookwater. Giet bo oor rys en groente.
Sit rou wors bo op.
Sit ‘n deksel op en bak in doe oond teen 180 ºC vir 1 ½ uur.
Foto en resep deur Suzette Beetge ッ Pretorius









