HAM EN KAAS ROL

ham en kaas roltested

HAM EN KAAS ROL

Ek het die Cheese Griller resep gevat en ‘n Ham en Kaas rol prober maak. Nou ja so lyk dit vanoggend.
Die Ham Kaas rol het heel lekker uit gekom. Daar is twee dinge.
Ek het die vleis dalk bietjie te grof gemaal. 8 mm
Ek moes dit nog so n uur langer gekook het. Nie rou nie nog net nie mooi deur getrek nie maar anders lekker.
Ek gebruik 500 gram Cheddar kaas in blokkies gesny by elke 3 kg vleis mengsel.
Ek stop die Palony casing met die vulsul so styf as moontlik omtrent stampvol.Net nie oop bars nie.
Op navraag het iemand vir my gese kook dit stadig nie meer as 70 grade nie. Die water moenie borrel nie. Kook vir 3 tot 4 ure.
Ek weet nie wat was die water se temperatuur nie maar ek het die rolle gekook vir 3,5 uur. Daar was 6 rolle in een groot pot.
Nadat ek die eerste een mooi deurgegaan het, het ek gedink dit moes dalk nog so n uur kook.
My vrou het dit vanoggend gedoen nadat ek werk toe is so ek sal sien hoe lyk dit nadat dit vir nog 2 ure gekook het.
Dit wat ek op n broodjie gesit het was heerlik en ek is baie tevrede.
Hoop dit help saam met die link wat Rina vir julle gegee het oor die Cheese Griller resep

Koos van der Merwe

http://foodloversrecipes.com/?s=cheese+grillers




SWEET AND SOUR SAUSAGE BAKE


SWEET AND SOUR SAUSAGE BAKE
500 g Boerewors
125 light brown sugar (seker wit sal ook werk)
30 ml Worcestershire sauce
125 ml tomato sauce
30 ml brown vinegar
5 ml instant coffee powder (dis die groot geheim wat die sous diepte gee)
3 large onions, peeled and sliced
salt + pepper
Arrange the sausages in a large ovenproof dish. Mix the remaining ingredients in a heavy based saucepan, bring to the boil, then reduce heat and simmer for about 5 minutes. Pour mixture over the sausages and bake in a preheated oven at 180C for about 40 minutes. Serve with mash or pap.
Recipe posted by Petro Borchard




WORS FRIKKADELLE

2014-08-07-goodwood-20140807-01172tested

WORS FRIKKADELLE

1 kg maalvleis
1 groot pak boerewors (omtrent 700 g)
3 eetlepels uie en tamatie smoor
1 groot knippie fyn naeltjies
5 ml fyn koljander
10 ml Ina Paarman gegeurde sout

Druk wors uit velletjie uit en meng alles saam. Maak bolletjies en bak op 180°C in die oond.
Ek het dit 15 minute gebak en toe uitgehaal en al die vet afgegooi, en toe weer vir 15 minute gebak.
Toe weer vet afgegooi en dit bietjie gegrill, so 5 minute. Ek het 20 frikkadelle uitgekry.

Resep en foto – Louise Groenewald




CINDIE SE WORSPOT

2014-07-25-worspottested
CINDIE SE WORSPOT
Ek het basies net een ui grof gekap, een tamatie grof gekap in olie gebraai, dan die boerewors saam die gebraaide tamatie en uie gebraai tot begin gaar word, water by gesit en ‘n ½ koppie pasta by gevoeg, deksel op gesit en laat kook.
Toe het ek die Rich Hearty Beef sop en Curry Vegetables sop poeier helfte/helfte gemeng en op gelos tot ‘n pasta en 100 g Caramel jogurt by die pasta gevoeg en gemeng tot roomerig. By pasta en wors gevoeg, deur gemeng en laat stadig kook tot heeltemal gaar. Mens kan maalvleis ook gebruik in plaas van wors.

Foto en resep geplaas deur  Cindie Lubbe




BOEREWORS

boerewors koostested

BOEREWORS

2 kg beesvleis
1 kg varkvleis
20 g (50 ml) koljander
2 ml Fyn naeltjies
2 ml gerasperde neutmuskaat
30 g (25 ml) fyn sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
500 g spek
100 ml asyn

Strooi die speserye oor die vleis, giet die asyn oor en meng deur. Maal die vleis en stop in derms.
Foto en resep:  Koos van der Merwe

Ek besluit toe om my Pure Lam Bees wors te maak. Ek het ‘n 90/10 bees kombinasie gebruik en die wat nie weet nie dit is 10% vet in die vleis. Selfde vleis as wat gebruik word vir Lean Mince en die vleis wat ek gekoop het is spesefiek vir Maalvleis bedoel. Daarby het ek my lam vleis gevoeg saam met Skaap stert vet. Speserye was my Tradisionele Boerewors resep. Net die regte hoeveelheid dat dit nie te vetterig is nie en ook nie die vleis dood gegooi met al die speserye nie. So het dit uit gekom ‘n hele 15 kg Lam/Bees Tradisionele Boerewors.




BOEREWORS EN RYSGEREG

boerewors en rys geregtested

BOEREWORS EN RYSGEREG
Vanaand se boerewors en rys gereg. Plaas die volgende in ‘n oondvaste bak.
1 ½ handvol rou rys per persoon, groente van jou keuse, vanaand is ons keuse wortels, botterskorsie,  broccoli en pietersielie.
Meng 1 pakkie bruin uiesop poeier en ½ bottel witwyn in ‘n 1 liter beker.
Vul die res van die 1 liter beker met kookwater. Giet bo oor rys en groente.
Sit rou wors bo op.
Sit ‘n deksel op en bak in doe oond teen 180 ºC vir 1 ½ uur.

Foto en resep deur Suzette Beetge ッ Pretorius




KERRIE WORS EN GEBRAAIDE UIE

2014-07-02-kerrieworsengebraaideuietested

KERRIE WORS EN GEBRAAIDE UIE
Dames hier is wat ek in my kerrie sit….
‘n kruiwa gekapte uie (lol),
passata (tamatie sap/sous),
tamatie puree,
knoffel,
gemmer,
sout,
koljander,
komyn,
paprika,
wart peper,
rissiepoeier,
2 eetlepels van my man se kerriepoeier mengsel (ek weet regtig nie wat daarin is nie lol blare, kerriepoeier, chilliepoeier, cardamom saad, weet nie wat nog als nie)
plein jogurt.
Ek het die uie gebraai saam met die wors, toe al die poeiers in gesit, daarna die passata en puree en toe die jogurt. Goed deurgemeng.
Die hele spul in my pan in die oond gedruk (ek glo ‘n kerrie gaan in die oond vir ‘n lekker diksous) en voila
BRON- Suzette Beetge ッ Pretorius




KAASWORS

2014-06-30-stefaansseworstested

KAASWORS

Gebruik die resep vir die kaaswors, en gooi 5 kg kaas in vir elke 30kg worsvleis..Vleisland se LEKKERSTE Boerewors resep…
32kg vleis
8kg Vet

650gr sout
60gr Swart peper
50gr Fyn Naeltjies
50gr Fyn Neutmuskaat
300gr Koljander (Roasted)
500ml Woestersous
500Ml BRUIN ASYN
4 lt KOUE WATER…

Sny die Vleis en vet in Blokkies meng die speserys deur saam met die asyn en woestersous…maal dan alles saam, en meng dan die kuoe water lekker deur voor jy begin stop.
(Vir DROEWORS…los die Asyn, en die Water uit)

Bron:  Stefaans Blaauw




KAASWORS-CHEESE GRILLERS

gerookte worstestedkaaswors koos

KAASWORS-CHEESE GRILLERS

2,25 kg gemaalde varknek
500 g Emmenthaler kaas, in baie klein blokkies gesny
4½ teelepels sout
5 naeltjies
¾ teelepel salpeter
4½ teelepels gemengde kruie
2 teelepels varsgemaalde swartpeper
1½ teelepel gemaalde wonderpeper
1 teelepel tiemie
1 knoffelknol, skoongemaak en fyngedruk

Meng die sout en salpeter en werk goed in die vleis in. Laat oornag staan.
Voeg die knoffel en kruie en speserye by die vleis. Werk goed deur.
Maal alles weer fyn.
Werk die kaas goed by die vleis in.
Stop die vleis in geskikte derm.
Posjeer die wors vir 20 minute in water van 71ºC.
Maak gaar soos jy verkies.
Foto: Koos van der Merwe

Stefaans Blaauw – Vir Gerookte Kaaswors – Jy sal bietjie Quick Red CURE ook moet bysit..Pienk sout, wat jy by enige speserye groothandel te koop kry soos Freddy Hirsch, Crouw national, ens…anders is die smaak nie lekker nie

 

ROOK DIE CHEESE GRILLERS
So rook ek die Cheese grillers en enige iemand kan dit maar probeer. Jy hoef nie n roker te koop nie.
Ek het een van die box berokers wat jy n laaitjie met watte en spirits in sit. Ek het dit die vorige keer gebruik maar die rook te warm vir die cheese grillers en dan rook die kaas uit.

Vanaand het ek iets anders probeer
In my ingeboude braaier
Gas Burner met n pannetjie bo op
Saagsels in die pannetjie. Die saagsels maak ek nat dan smeul dit langer
Cheese grillers so n halwe meter bokant die saagsels op n rooster
Sodra die saagsel begin smeul maak ek die braaier voor toe.

Belangrik
As jou cheese griller klaar gestop is moet jy dit posjeer.
Posjeer is om dit in warm water te kook nie warmer as 72 grade nie. Ek kook net vir 10 minute .
Haal dit uit en plaas dadelik in ys water.
Die Chees griller kry nou n heeltemal wit/bleek kleur.
Sodra dit hitte kry kom die pienk kleur uit die vleis uit
Laat die cheese grillers behoorlik droog word voor jy rook anders vat die rook nie
As jy klaar gerook het is die cheese griller so 80% gaar

So lyk die rokery en die bleek cheese griller, Dan gerook nie te veel nie anders raak dit bitter en dan n gaar gemaakte een.

Ek het die resepp op die blog al voorheen getoets en elke keer as ek dit maak raak dit beter. Die nuutste is om Chilli’s ook in te sit. Ek gebruik sommer wat ek noem die winkel chilli’s(Vars Chillis) so 4 per kg vleis. Ek sny dit stukkies en maal dit saam met die vleis. Op die foto waar ek die een gesny het kan jy ongelukkig nie die chilli’s sien nie maar die een onder kan jy die donker kolletjies chilli sien.

Koos van der Merwe

gerookte wors ROOK VAN WORS

 

 




WORS EN GROENTEPASTEI MET MAKLIKE KORS

2014-06-20-worsengroentemetmaklikekorstested

WORS EN GROENTEPASTEI MET MAKLIKE KORS
Hiermee my aandeel vir die eenskottel geregte

Stel oond op 200ºC.
Bietjie olie
1 kg boerewors, in skyfies gesny
2 uie
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groenrissie, ontpit en in blokkies gesny
1 pak sampioene, in skywe gesny
410 g gekapte tamaties
1 eetlepel pietersielie
125 ml rooiwyn
2 eetlepel tamatiesous
Sout en peper na smaak
125 ml dik room

Kors:
2 koppies koekmeel
2 teelepel bakpoeier
6 eetlepels botter
2 eiers
5 eetlepels melk
1 eetlepel droë gemengde kruie

Verhit olie in kastrol en braai wors tot bruin! Skep uit!
Braai uie, knoffel en soetrissie en sampioene tot sag
Skep wors bo op
Voeg tamaties, pietersielie, wyn en tamatiesous by. Geur met sout en peper, prut 20 min. Verwyder van ditte en roer room by.
Skep in gesmeerde oondskottel

Kors:
Sit meel en bakpoeier saam, vryf botter in. Klits eiers, melk en kruie saam en voeg by meel mengsel. Meng tot deeg en vorm balletjies en pak bo op wors mengsel!
Bak 25 min
Geniet
Baie lekker!!!

Foto en resep geplaas deur Benhet Nieuwenhuis