BOEREWORS
2 kg beesvleis
1 kg varkvleis
20 g (50 ml) koljander
2 ml Fyn naeltjies
2 ml gerasperde neutmuskaat
30 g (25 ml) fyn sout
5 ml varsgemaalde swartpeper
500 g spek
100 ml asyn
Strooi die speserye oor die vleis, giet die asyn oor en meng deur. Maal die vleis en stop in derms.
Foto en resep: Koos van der Merwe
Ek besluit toe om my Pure Lam Bees wors te maak. Ek het ‘n 90/10 bees kombinasie gebruik en die wat nie weet nie dit is 10% vet in die vleis. Selfde vleis as wat gebruik word vir Lean Mince en die vleis wat ek gekoop het is spesefiek vir Maalvleis bedoel. Daarby het ek my lam vleis gevoeg saam met Skaap stert vet. Speserye was my Tradisionele Boerewors resep. Net die regte hoeveelheid dat dit nie te vetterig is nie en ook nie die vleis dood gegooi met al die speserye nie. So het dit uit gekom ‘n hele 15 kg Lam/Bees Tradisionele Boerewors.