

SPRINGBOK VLEISPASTEITJIES
Kook springbokvleis saam met skaapskenkels, verhouding 2 tot 3 of soos dit vir jou lekker is. Ek het na smaak bygegooi: suurlemoensap, knoffel, koljander, mosterd, gekapte uie, knoffelsout, naeltjies, wit peper. Kook tot die vleis van die bene afval op ‘n matige hitte.
Haal al die bene uit, vlok die vleis mooi. Gooi appelkooskonfyt en bruin asyn na smaak by en verdik met ‘n bietjie maizena. Dit moenie te souserig wees nie. Gebruik blaardeeg en maak die pasteitjies.
Verf met Mayonnaise. Bak teen 180° C tot mooi bruin.
Resep en foto: Annelore Von Solms Joubert






