

KITI SE SWISS MERINGUE
Ek maak net die swiss meringue. Dis nou die een waar jy die suiker in die eierwit smelt oor kook water, en dan klits dat die blits wit sit. Dan is jou meringue klaar gaar, en hy “weep” ook nie. Resep is by my red velvet resep, maar hier is hy weer: (Jy kan dit ook in oond verbruin) Swiss Meringue
5 eierwitte (200ml)
2 koppies (500ml) strooisuiker (ek blits sommer witsuiker in voedselverwerker)
3ml sout (dit maak dit minder soet)
Knippie kremetart
Meng al die bestanddele in jou staan klitser. Sit bak oor water wat net net simmer (nie harduit KOOK nie, anders word dit gaar). Continue reading



















