

SJOKOLADE KLEI ROSE
Die rose is gemaak van wat ek noem ‘sjokolade klei’.
BESTANDELE
54 gram sjokolade stukkies & 1 e Heuning.
METODE
Smelt sjokolade in bak oor pot met kokende water onder-in. Wanneer begin smelt verwyder van hitte en hou aan roer totdat alles gesmelt is. Gooi heuning by en sit weer op hitte. Hou aan roer totdat heuning mooi ingemeng is met sjokolade.
Verwyder van hitte en hou aan met deur roer, soos dit afkoel gaan dit begin stywer word.
Wanneer koud genoeg is om met hande te hanteer, sit in jou hand en begin dit brei soos klei. Party sjokolade het ‘n hoë olie inhoud, soos jy brei sal oortollige olie uitkom. Vee hande gereeld aan papier handdoek droog.
As daar nie meer olie uitkom nie, draai toe in plastiek wrap en sit in yskas vir so 1-2 ure.
Rol klein balletjies (afhangende hoe groot rose gaan wees) myne was so 1cm in deursnee.
Maak ‘n klein vorm wat amper soos roomys horinkie lyk-dis jou basis waarom blare kom.
Druk nou jou balletjies plat, die bokant dunner as onder en draai om jou horinkie.
Hoop jy verstaan wat ek verduidelik. Gelukkig kan jy blaartjie weer in balletjie rol as dit nie reg is nie. Let wel sjokolade raak gou weer sag met die hitte van jou hande. Dis nogal lekker speel & leer smile emoticon
Blare – pluk moerbei boom blare of Hibiscus blare (enige eetbare plant). Was dit mooi om seker te maak dis skoon en gogga vry smile emoticon
Smelt skoon sjokolade, voeg niks by nie.
Smeer dit nou aan die blaar se agterkant maar moenie dat sjokolade onder blaar kom nie anders trek blaar nie van sjokolade af nie. Sit op wax papier en plaas in yskas vir so 2-3 ure. Trek dan die blare baie versigtig van die sjokolade af.
BRON/FOTO: Frances Smith






