KITI SE SWISS MERINGUE


KITI SE SWISS MERINGUE
Ek maak net die swiss meringue. Dis nou die een waar jy die suiker in die eierwit smelt oor kook water, en dan klits dat die blits wit sit. Dan is jou meringue klaar gaar, en hy “weep” ook nie. Resep is by my red velvet resep, maar hier is hy weer: (Jy kan dit ook in oond verbruin) Swiss Meringue
5 eierwitte (200ml)
2 koppies (500ml) strooisuiker (ek blits sommer witsuiker in voedselverwerker)
3ml sout (dit maak dit minder soet)
Knippie kremetart
Meng al die bestanddele in jou staan klitser. Sit bak oor water wat net net simmer (nie harduit KOOK nie, anders word dit gaar). Roer met handklitser (whisk) sodat die suiker kan oplos. As jy ‘n voedsel termometer het, hou die temp onder 40grade C. Die mengsel moet geroer word totdat jy niks meer suikerkorrels tussen jou vingers voel nie. Kry jou vingers daarin! Dit vat so 3-5 minute. Sit bak terug by menger en klits op hoogste spoed tot dit dik, glanserig en afgekoel is. Die bak self moet net onder kamertemperatuur wees. Resep se 8 minute, ek het 15 geklits voor ek tevrede was. Jy kannie overmix nie, die sout en kremetart keer. Die punte moet opstaan en net net omval as jy klaar is.
Smeer ‘n lekker dik laag oor die koek, maar moenie bekommer oor mooi lyk nie. Dit kom nog. Los die helfte van die mengsel oor. Vat nou ‘n blob in jou hand en druk dit teen die koek. Trek jou hand weg en lig op sodat ‘n punt vorm. Dis morsig, maar lekker, jy sal vinnig die hang van dit kry.
Nadat jou koek reg is, kry jou blaasvlammetjie (google se vlam fakkel vir flame torch haha) en rooster jou meringue. Hou jou vlammetjie ook tussen jou puntjies. Die puntjies sal dalk aan die brand slaan, blaas maar dood. Die kontras sal fantasties lyk en proe, dit karameliseer die suiker.
Resep: Kiti De Jager

















