
VERSIERSEL VIR OM BLOMME TE MAAK-FLOWER PASTE
Jy kan pettinice of fondant gebruik as die basis van ‘flower paste’. Die verskil tussen ‘flower paste’ en skoon fondant is dat dit baie baie dunner uitgerol kan word en dit is meer elasties. Die resep is 1 teelepel tylose of gum tragacanth per 450 – 500g fondant. Dit hang af hoe vinnig jy wil heê dit moet hard word en hoe hoog die humiditeit is. Knie deur die fondant/pettinice en dit is beter om dit ‘n uur of so te laat rus in ‘n baie baie digte houer of toegerol met kleefplastiek. Continue reading











