VERSIERSEL VIR OM BLOMME TE MAAK-FLOWER PASTE

 

FLOWER PASTE

VERSIERSEL VIR OM BLOMME TE MAAK-FLOWER PASTE

Jy kan pettinice of fondant gebruik as die basis van ‘flower paste’. Die verskil tussen ‘flower paste’ en skoon fondant is dat dit baie baie dunner uitgerol kan word en dit is meer elasties. Die resep is 1 teelepel tylose of gum tragacanth per 450 – 500g fondant. Dit hang af hoe vinnig jy wil heê dit moet hard word en hoe hoog die humiditeit is. Knie deur die fondant/pettinice en dit is beter om dit ‘n uur of so te laat rus in ‘n baie baie digte houer of toegerol met kleefplastiek. Haal net groot genoeg stukkies uit om op ‘n slag mee te werk anders word dit te droog. As dit vir jou te droog is kan jy ‘n bietjie Holsum deurknie, vryf die net aan jou hande en knie deur. Werk ook eerder met maizena op die werksoppervlak as versiersuiker want versiersuiker kan die mengsel taai maak. Daar is verskriklik baie videos op youtube wat wys hoe blomme gemaak word.

Bron:  Nicolette Fick




KONDENSMELK VERSIERING

2014-05-31-vanillacakewithcaramelicing
KONDENSMELK VERSIERING
Bron:  Dassie Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
1 blik kondensmelk (oornag verkoel)
½ koppie versiersuiker
250 g margarien
2 teelepels karamel geursel

Klits margarien en versiersuiker met bietjie kondensmelk, klits goed.
Voeg res van kondensmelk geleidelik by, klits goed. Voeg laaste geursel by.
Ek vries dit ook wat nie gebruik word nie. kondensmelk moet net koud wees.




HARDE VERSIERSEL VIR KOEKIES-ZOO KOEKIES

 

zoo koekie icingtested

HARDE VERSIERSEL VIR KOEKIES-ZOO KOEKIES
2 eetlepels glukose
1 ½ koppie versiersuiker
4 eetlepels melk
1 teelepel amandelgeursel
voedselkleursel

Sif versiersuiker deeglik. Voeg glukose by. Meng melk en geursel en voeg by (ek het die amandelgeursel uitgelos – ek hou nie van die smaak nie). Meng alles saam. Die versiersel moet effe loperig wees, amper soos warm heuning. Wanneer dit afgekoel is, versier soos verkies. Dit werk perfek.
Resep deur Jackie Naude




VERSKILLENDE VERSIERSEL

VERSKILLENDE VERSIERSEL
Soveel koekmaker en baksters wat daar is, so is daar omtrent vir elkeen van bg n verkillende resep en defenisie. Ek maak troukoeke ens en gaan so vinnig probeer verduidelik.

Marzipan word gemaak van gemaalde amandels en is nie baie gewild nie, dit het n gelerige kleur en lyk amper soos koekiedeeg, dit word gewoonlik uitgerol en dan oor die koek gesit voor die fondant oorgesit word.

Fondant het baie verskillende vorms waarvan die mees algemene een die “rolling fondant” is wat uitgerol en oor koeke gesit word, dis nou die mooi wit gladde laag wat jy ook kan kleur.

” Pouring fondant” is die gesmelte vorm wat jy oor Petit Four’s kan gebruik of oor cupcakes ens. Om met fondant te werk verg so bietjie oefening om dit mooi glad af te werk, maar dit lyk baie mooi en afgerond. Ek vind dat “Pettinice” wat jy by bakwinkels kry die maklikste fondant is om mee te werk. Partymaal word fondant ook “plastic icing” genoem. L.W jy kan van fondant ook blommetjies ens maak, dit word net nie so hard soos bv gum paste nie.

Modeling paste, Candy clay en gum paste is alles vorms van suiker waarmee jy figuurtjies, blomme ens kan maak en word harder droog as fondant. Moet dus nie die koek daarmee oortrek nie!! 🙂 Gum paste is die een wat die meeste gebruik word en dit is doodeenvoudig fondant waarby jy Tylose poeier of cmc poeier gooi om dit harder en meer elasties te maak (volg aanwysings op vervaardiger se pakkie)
2) Tensy jy oorweeg om n loopbaan van koekversiering te maak, is fondant al wat jy nodig het, jy kan dit kleur, uitrol, jou syfertjies maak en dit dan vir ‘n paar dae laat droogword. as jy dit baie hard wil he kan jy soos bo genoem net tylose by die fondant inknie.
3) Jy kan die syfers direk op botterroom versiersel plaas, dis nie nodig om die koek eers met fondant te bedek nie.

MARSHMELLOW FONDANT
Bestandele:
480 g Marshmallows (as jy dit wil kleur moet jy net wittes gebruik)
2-5 eetlepels water
Ongeveer 8 koppies versiersuiker
1/2 koppie Holsum
Maak omtrent 1 kg fondant
Metode:
Stap 1
Sit Marshmallows en 2 eetl water in n groot mikrogolfbestande bak. Mikrogolf vir ongeveer 2-21/2 minute maar roer goed na elke 30 sekondes tot marshmallows heeltemal gesmelt is.
Stap 2
Plaas3/4 van die versiersuiker bo-op die gesmelte marshmallows en vou in. Enige geurmiddels kan op die stadium bygevoeg word. Smeer hande en toonbank mildelik met Holsum en gooi marshmallow mengsel uit op toonbank. Knie goed deur en voeg versiersuiker by soos benodig totdat marshmallowmengsel nie meer vassit aan rak. Smeer kort kort jou hande met Holsum. As jy te veel versiersuiker byvoeg en fondant raak droog en skeur maklik, knie water 1/2 eetlepel op n slag by tot jy n gladde elastiese fondant het wat rek sonder om te skeur. Dit neem omtrent so 8 minute.
Stap 3
Dit is raadsaam om die fondant oornag te laat rus, smeer n dun lagie Holsum oor en maak goed toe met glad wrap en plaas dan in lugdigte houer.
Stap 4
Haal net genoeg fondant uit om mee te werk en laat die res in die glad wrap in die houer. Rol uit en gebruik soos verkies.
Om die fondant te kleur:
Indien jy die hele batch wil kleur kan jy die kleursel by die gesmelte marshmallows gooi voor jy die versiersuiker invou, anders kan jy stukke afbreek van die klaar produk en kleur soos benodig.

Royal Icing
(vir prentjies op kleinkoekies)
2 Groot eierwitte
4 koppies Versiersuiker
5 ml Vanilla
Klits die eierwitte tot styf maar nie droog. Voeg versiersuiker en vanilla by en klits tot stywe punte vorm. Skep van die versiersuiker uit in n bakkie en verdun letterlik DRUPPEL gewys met water tot n dunner versiersuiker wat jy kan spuit maar wat steeds vorm behou. Jy kan dit nou ook kleur. Skep in spuitsak en spuit op koekies.
Wenk: spuit eers n buiterandjie om elke koekie met ‘n dun versierbuis, laat droogword en vul dan die binnekante in. Wanneer heeltemal droog, kan jy van die onverdunde royal icing gebruik dit ‘n ander kleur maak of wit los, ‘n stencil op jou koekie plaas en die versiersuiket oor die stencil ‘smeer’ en gelykskraap. Die prentjie sal dan op die koekie agterbly as jy die stencil oplig.
Onthou dat die resep rou eierwit bevat. As jy versigtig is daarvoor kan jy by ‘n bakkerswinkel soos Bakers Bin, Baking Tin ens. Meringuepoeier koop en die vervaardiger se instruksies volg vir Royal Icing. Dit werk BAIE maklik, jy kan eintlik nie verkeerd gaan daarmee nie. Die gekoopte produk sê egter nie altyd jy kan vanilla ingooi nie, maar jy kan. Ek gooi altyd vanilla in, smaak net lekkerder!

Chocolate fudge icing
160 g (300ml) Versiersuiker
125 ml Kakao
80 g Botter/Marfarien
100 g (120ml) Strooisuiker
50 ml Water
Metode:
Sif die versiersuiker en die kakao saam.
Meng die botter/margarien, strooisuiker en water saam in kastrol en laat strooisuiker oplos oor lae hitte. Bring tot kookpunt.
Laat vir een minuut kook, verwyder van plaat en gooi versiersuiker en kakaomengsel met een slag alles in.
Klop goed tot glad en ‘shiny’
Smeer of giet oor koek terwyl die versiersuiker nog effe warm is.
Versier verder soos verkies.

Charlotte Verwey da Silva




VERSKEIE MARSEPEIN RESEPTE

2015-05-31-homemade-marzipan
VERSKEIE MARSEPEIN RESEPTE
1 koppie amandels ( met skil aan)
1 koppie versiersuiker, gesif
1 eetlepel amandelgeursel
2 eetlepels whisky, brandewyn of water
Verhit n medium groot kastrol met water tot net onder kookpunt en voeg die amandels by.
Verwyder van die hitte en dreineer.
Na n paar minute sal die amandels maklik afskil.
Giet die geskilde amandels in n sterk voedselverwerker en maal op hoe spoed tot fyn.
Voeg die versiersuiker by en maal nog ongeveer 5 minute tot n pasta vorm.
Meng die amandelgeursel en ander vloeistof by.
Vorm die amandelpasta in n skyf.
Maak toe met kleefplastiek en laat rus in yskas tot voor gebruik …

Maak 450 g
125 g versiersuiker gesif
125 g strooisuiker
225 g fyn amandels
1 eier, geklop
5 ml suurlemoensap
‘n paar druppels amandelessens
Plaas suiker en amandels in n bak
Voeg die eier, suurlemoensap en amandelessens by en meng tot n stywe deeg vorm.
Keer uit op n oppervlak waarop versiersuiker gestrooi is en knie tot glad.
Plaas in n pastieksak en bewaar 2-3 dae lank.

300 ml fyn amandels
125 ml strooisuiker
250 ml versiersuiker
1 ekstra groot eiergeel
5 ml vars suurlemoensap
15 ml soet sjerrie of water
3 ml amandel- of vanieljegeursel
Meng die amandels en strooisuiker.
Sif die versiersuiker by en meng goed.
Meng die eiergeel, suurlemoensap, sjerrie en geursel afsonderlik.
Voeg by die versiersel en meng tot dit n bal vorm.
Voeg water by indien nodig.
Knie goed tot glad en sag op n oppervlak met versiersuiker bestuif.
Variasie:- … Vervang eiergeel met water om te bind




VLAKOEKIE VULSEL

tested

VLAKOEKIE VULSEL
Hier is ‘n vulsel wat my ma altyd gebruik het vir haar vlakoekies.
250 g margarien
500 g versiersuiker
2 eetlepels kondensmelk
1 tot 2 teelepels vanilla geursel

Room alles goed saam.
Bron:  Ria Crouwcamp-Jacobs




CARRIE SE VERSIERSEL-ICING

CARRIE SE VERSIERSELtested
CARRIE SE VERSIERSEL-ICING
350g icing sugar
175g butter
2 tbsp water
1tsp vanilla

Meng alles saam.
BRON – Carrie Segar Malan




REPLACEMENT FOR MARZIPAN

MARZIPAN SUB
REPLACEMENT FOR MARZIPAN
Here is one which might work:
To every 5 ounces of semolina flour add,
5 ounces of icing sugar,
1 egg white,
2 tablespoons of Custard Powder and
2 teaspoons of almond essence OR same amount vanilla essence for nut allergic people.
Directions:
Mix dry ingredients together.
Beat egg lightly and add the essence of your choice to the lightly beaten egg.
Add egg mixture to the dry ingredients, kneading until it is a smooth paste.
Store in refrigerator sealed in Saran Wrap.
Source: Cheftalk




SUPREME STRAWBERRY TOPPING

 

2015-11-08-strawberrytopping

SUPREME STRAWBERRY TOPPING
1 pint fresh strawberries
1/3 cup white sugar
1 teaspoon vanilla
Wash strawberries and remove stems; cut large berries in half or roughly chop them.
Combine strawberries, sugar, and vanilla in a saucepan. Cook over medium-high heat, stirring occasionally. The mixture will sizzle for a while, but then juice will begin to form. Continue stirring; mash a few strawberries with a wooden spoon or heat-proof spatula to help produce the syrup. Cook until sauce thickens, about 15 minutes.
Remove from heat. In a blender, puree about 1/3 of the sauce, then mix back into remaining topping. Store in refrigerator.
Source: allrecipes
Photo:  Floraine Wasserman Venter




AARBEI STROOP VIR KAAS KOEK

2015-11-08-aarbeistroopvirkaaskoektested

AARBEI STROOP VIR KAAS KOEK
500 ml aarbeisap, verhit 400 ml tot kookpunt.
Neem 100 ml oorblywende sap en voeg 5 ml maizena, 15 ml vlapoeier en 20 ml suiker daarin, roer. Voeg by warm stroop en laat 5 minute stadig prut.
Voeg dan die 500 ml vars aarbeie in die stroop, verwyder van hitte en laat afkoel. Wanneer koud skep op kaaskoek.
Variasie:
Fyngekapte vars mintblare en vars blomblare kan ook by stroop geroer word, sit dan versuikerde gemmer skyfies tussen in, enjoy

Resep en foto: Floraine Wasserman Venter