

HARDE VERSIERSEL VIR KOEKIES-ZOO KOEKIES
2 eetlepels glukose
1 ½ koppie versiersuiker
4 eetlepels melk
1 teelepel amandelgeursel
voedselkleursel
Sif versiersuiker deeglik. Voeg glukose by. Meng melk en geursel en voeg by (ek het die amandelgeursel uitgelos – ek hou nie van die smaak nie). Meng alles saam. Die versiersel moet effe loperig wees, amper soos warm heuning. Wanneer dit afgekoel is, versier soos verkies. Dit werk perfek.
Resep deur Jackie Naude






