VERSKEIE MARSEPEIN RESEPTE
1 koppie amandels ( met skil aan)
1 koppie versiersuiker, gesif
1 eetlepel amandelgeursel
2 eetlepels whisky, brandewyn of water
Verhit n medium groot kastrol met water tot net onder kookpunt en voeg die amandels by.
Verwyder van die hitte en dreineer.
Na n paar minute sal die amandels maklik afskil.
Giet die geskilde amandels in n sterk voedselverwerker en maal op hoe spoed tot fyn.
Voeg die versiersuiker by en maal nog ongeveer 5 minute tot n pasta vorm.
Meng die amandelgeursel en ander vloeistof by.
Vorm die amandelpasta in n skyf.
Maak toe met kleefplastiek en laat rus in yskas tot voor gebruik …
Maak 450 g
125 g versiersuiker gesif
125 g strooisuiker
225 g fyn amandels
1 eier, geklop
5 ml suurlemoensap
‘n paar druppels amandelessens
Plaas suiker en amandels in n bak
Voeg die eier, suurlemoensap en amandelessens by en meng tot n stywe deeg vorm.
Keer uit op n oppervlak waarop versiersuiker gestrooi is en knie tot glad.
Plaas in n pastieksak en bewaar 2-3 dae lank.
300 ml fyn amandels
125 ml strooisuiker
250 ml versiersuiker
1 ekstra groot eiergeel
5 ml vars suurlemoensap
15 ml soet sjerrie of water
3 ml amandel- of vanieljegeursel
Meng die amandels en strooisuiker.
Sif die versiersuiker by en meng goed.
Meng die eiergeel, suurlemoensap, sjerrie en geursel afsonderlik.
Voeg by die versiersel en meng tot dit n bal vorm.
Voeg water by indien nodig.
Knie goed tot glad en sag op n oppervlak met versiersuiker bestuif.
Variasie:- … Vervang eiergeel met water om te bind