

KLEIN FRIKKADELLE VIR PLATTERS
Foto en resep: Ansie Vermeulen Steyn
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg maer maalvleis
2 snye witbrood geweek in water om sag te maak
1 baie fyn gekapte ui
25 ml blatjang
25 ml fyn koljander
3 ml fyn naeltjies
10 ml worcestersous
Sout na smaak
Meng al die bestanddele baie goed.
Rol in balletjies ewe groot en bak in oond 180º C vir 20 minute.
Wenk: Ek maak klein bietjie gegeurde mengsel vinnig gaar in mikrogolf en proe dan of ek genoeg sout ingegooi het.










