KANEELBROODPOEDING
Ek het jare terug hierdie reseppie raakgeloop in ‘n tyskrif, kan net nie onthou watter een nie. Kinders was lus vir ietsie soets en Ma was moeg. Nou nog as ons skielik lus kry vir ietsie lekkers, maak ek dit vir ons . . . hhmmm . . . ek dink ek gaan vanaand laterig lus wees vir poeding.
180 ml melk
3 eiergele
12,5 ml suiker
30 g margarien
2 ml vanilla
kaneelsuiker
6 snytjies wit brood (korsies af), of bruinbrood indien verkies
Kook melk, suiker en vanilla. Laat afkoel
Druk broodjies vinnig in mengsel en dan in eiergele.
Braai in margarien en sprinkel kaneelsuiker oor.
Bedien saam met vla of room.
Lorraine Weitz Brand













