BRUINPOEDING (SONDER EIERS)
Baie baie lekker
DEEG
3 eetlepels botter
3 eetlepels gouestroop
2 teelepels koeksoda
1 koppie melk
3 koppies koekmeel
50 ml asyn
Sout
STROOP
6 koppies water
1 eetlepel gouestroop
2 koppies suiker
1 teelepel botter
1 ¼ teelepels gemmer
Plaas alles in ‘n kastrol en kook vinnig terwyl dit goed geroer word. Hou eenkant totdat die deeg gereed is. Stroop moet kokend wees wanneer gebruik word.
DEEG:
Smelt die botter en stroop saam, laat effens afkoel. Los die koeksoda, en asyn in die melk op en roer by die eerste mengsel. Sif meel en sout saam en voeg by die mengsel. Meng goed. Skep lepelsvol van die deeg in die kokende stroop tot die deeg op is. Laat vinnig kook vir ‘n paar sekondes en dan BAIE STADIG vir 1 uur. Bedien warm saam met lekker vla of roomys.








