APPELLIEFIE NAGEREG
Genoeg vir 4-6 mense
500 g appelliefies
60 ml (1/4 koppie) bruinsuiker
45 ml (3 eetlepels) louwarm water
60 ml (1/4 koppie) botter
60 ml (1/4 koppie) strooisuiker
1 eier
250 ml (1 koppie) bruismeel, gesif
1 ml (1/4 teelepel) sout
120 ml (1/2 koppie) melk
Voorverhit die oond teen 180 °C. Spuit ’n 20 x 20 cm-pan met kleefwerende sproei.
Voer die bodem van die bak met die appelliefies uit.
Los die bruinsuiker in die water op en giet oor die appelliefies.
Klits die botter en strooisuiker tot lig, voeg die eier by en klits tot dit met die botter gemeng is.
Voeg die meel en sout om die beurt met die melk by en klop goed.
Giet die mengsel oor die appelliefies en bak 25 tot 30 minute, tot die kors goudbruin is. Sit voor met room, roomys of vla.
FOTO: Wilna du Plessis









Wilna du Plessis
Ek het nie bruismeel gehad nie maar mens vervang dit met 250g meel en 7.5ml bakpoeier.