

MARIE SE TRIFLE
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie
FOOD LOVERS RECIPES
Maak 1 pak van elk rooi en groen jellie aan soos op die verpakking en laat stol.
sponskoek
boksie vla
vrugte van jou keuse
Sponskoek in snye gesny en my bak gepak daarmee, pak nou lae soos volg:
Giet vla oor die koeklaag.
Vlok of sny die gestolde jellie in blokkies, meng die blokkies en skep ‘n laag oor die vla.
Sny gebottelde ingemaakte kwepers fyn en piesangs in skywe en skep op die jellie laag.
Herhaal die lae tot al die koek, vla, jellie en vrugte gebruik is.
Klop room styf en skep bo op die nagereg, versier soos verkies.











