

FRANSE SJOKOLADEMOUSSE
175 g sjokolade
3 e sterk swart koffie
4 ekstra groot eiers, geskei
15 g botter
1 e rum of half teel vanielje ekstrak.
Smelt sjokolade saam met die koffie in dubbelkoker.
Verwyder van die hitte en klits die eiergele een vir een by om die mengsel te verdik.
Klits die botter, rum of vanielje by.
Laat effens afkoel.
Klop die eierwitte totdat dit styf is (maar nie droog) en vou dit versigtig in die sjokolade-mengsel in.
Gooi in glasbak of glasbakkies en verkoel ten minste 6 uur sodat die geure kan “trou”.
Versier met gegeurde room soos verkies.
Bron: Beatrice Wilbers.






