MIKROGOLF KOLWYNTJIES
Sif die volgende saam:
375 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout
Klits die volgende baie goed saam tot romerig:
2 eiers
250 ml strooisuiker
Smelt die volgende saam:
250 ml melk
115 g margarine
Voeg die meelmengsel en melkmengsel beurteliks by eiermengsel.
Skep in ‘n mikrogolf pannetjie.
Bak vir 1 min 10 sek in mikrogolf
(Vries heerlik)-
Resep en foto: Ansie Goosen
















