MAKLIKE MIKROGOLF VRUGTEKOEK
500 g vrugte (ek het geglanseerde vrugte redelike stukke gesny)
1 x 432 g blik fyn pynappel met stroop en al
1 koppie sagte bruinsuiker
125 g margarine in blokkies (ek het regte botter gebruik)
1 teelepel gemengde speserye
1 teelepel kaneel
1 teelepel fyn gemmer
Sit nou alles in `n bak en mikrogolf 5 minute op 100% krag met gladwrap oor.
Laat dit heeltemal afkoel en voeg roer dan die volgende by:-
1 teelepel koeksoda
2 eetlepels brandewyn
200 g kersies (ek het ook 100 g pekaneute bygesit)
Meng nou die volgende saam en sif dit oor die mengsel om die beurt met die geklitste eiers:-
1 koppie koekmeel
1 koppie bruismeel
¼ teelepel sout
2 groot eiers
Ek het dit in my silikoon pan van 22 cm by 22 cm en 5 cm gegooi, wat ek liggies gespray en cook het.
Maak `n holtetjie in die middel
Mikrogolf vir 25 min by 70% krag
Sprinkel brandewyn oor en laat in pan afkoel (Ek het nie eers nie)
Keer om op rak en sprinkel weer brandewyn.
Sodra die koek goed koud is, draai toe in foelie.
Louisa Prenzler
Ek het gou sommer 2 mikro vrugtekoeke gebak in silikoon panne. Dit is die mooiste wat hulle nog ooit gekom het en ek het nie eens `n omgekeerde piering onder die pan gesit nie, want die panne is mos slap. Die resep, weet ek nie meer waar ek hom gekry het nie, maar julle kan hom bak, dit kom nooit`n floppie nie.









Geskuif