MIKROGOLF KLAM APPELKOEK
1 pak vanilla koekmengsel (Golden Cloud)
1 klein botteltjie appelmoes
1 klein blikkie tertappels, sny kleiner stukkies en hou paar uit vir garnering
1 gelykvol teelepel kaneel
½ handvol pitlose rosyne
Meng al die bestanddele goed saam.
Plaas in gesmeerde tuitpan.
Plaas in mikrogolf op omgekeerde kleinbordjie of piering, hang af hoe groot is jou tuitpan.
Bak vir 7½ – 8 minute op Hoog. (100%)
Laat 5 minute afkoel in pan en plaas dan oor na rakkie om heeltemal af te koel.
VERSIERING:
1 pak versiersuiker wat saam met koekmengsel gekom het.
1 pak Moirs karamel kitspoeding
bietjie suurlemoensap
2 eetlepels melk
Klits al die bestanddele baie goed saam en gooi dan oor die koek.
Garneer met die stukkies tertappels.
GENIET, ons het -Berie Smith
Was gister belustig vir ‘n appelkoek, maar is al so moeg van dieselfde oor en oor en toe probeer ek maar my eie resep en hierdie is nou wraggies vinnig, maklik en heerlik. Niks droog nie….yummy!








