MIKROGOLF SJOKOLADEKOEK – IN ROOMYS BAK
375 ml strooisuiker
500 ml koekmeel
125 ml kakao
‘n knippie sout
15 ml bakpoeier
4 ekstra groot eiers (geskei en wit styf geklits)
125 ml sonneblomolie
5ml vanilla of karamel geursel
250 ml warm water
Sif meel, strooisuiker, kakao, sout en bakpoeier goed saam.
Meng die eiergeel, olie en geursel en voeg 250 ml warm water by.
Voeg die meelmengsel bietjie vir bietjie by die vloeistof.
Klop dit met ‘n klitser op sy laagste spoed, vou dan die eierwit by.
VERDEEL DIE MENGSEL TUSSEN TWEE ROOMYSBAKKE WAT BAIE GOED MET OLIE GESMEER IS EN SIT DIT IN DIE MIKROGOLF VIR 12 TOT 14 MIN TEEN 70% KRAG.
Versier soos verkies!!!
Foto: Linda Venter – beslag verdubbel
2de foto en variasie: Elize Venter
Ek het vandag die sjokolade koek wat op die blad is wat in 2 liter roomys bak gebak word, so bietjie verander na ‘n vlakoek toe. Ek het net die kakao vervang met vla en toe koek koud is, middeldeur gesny en ‘n vlavulsel ingesit met klapper oor, dit smaak heerlik.









