GEELPERSKE SPANSPEK EN GRANADILLA KONFYT
(my eie resep)
Die hoeveelhede maak so 790g (mayonnaise bottel) vol.
400 g gesnyde ryp geelperskes
400 g gesnyde spanspekblokkies
800 g wit suiker
2 suurlemoene
1 blikkie granadilla Continue reading→
Category Archives: Konfyt / Jam
MOERBEIKONFYT


MOERBEIKONFYT
Spoel die vrugte wat byna ryp is onder lopende koue water af en dreineer goed.
Knip die stingeltjies af.
Weeg die moerbeie af en weeg net soveel witsuiker af as wat die moerbeie weeg.
Pak die moerbeie in lae in ‘n vlekvryestaal of emaljekastrol en strooi suiker oor elke laag.
Sit die deksel op en laat oornag stroop vorm
Verhit die mengsel die volgende oggend baie stadig en roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
Voeg 25 ml suurlemoensap vir elke 1 kg moerbeie by.
Kook dit 50-60 min taamlik vinnig totdat dit dik genoeg is as dit op ‘n koue piering getoets word.
Skuim af indien nodig, laat 5 min afkoel.
Bottel die konfyt warm in voorbereide flesse, en verseël wanneer afgekoel.
Foto: BesterLindi
TURKSVYBLADKONFYT

TURKSVYBLADKONFYT
Dit word gekook van die groot, dik turksvyblaaie waaraan daar nog nie vrugte is nie.
Skil elke blad dun af – die vleis moet mooi heel bly – en sny die harde “stam”uit
Prik die hele blad. Weeg die blad en spoel dit skoon af onder lopende koue water. Sny dit in 2cm-blokkies op.
Maak ‘n oplossing van 15ml gebluste kalk per 125l iter water. Laat staan tot die vloeistof helder is.
Giet die helder vloeistof af en gooi die afsaksel weg. Laat die blokkies oornag in die oplossing le en sit ‘n gewig bo-op sodat die blokkies met die vloeistof bedek is.
Spoel die blokkies die volgende oggend onder lopende koue water af en laat dit minstens ‘n uur in vars koue water le. Dreineer die blokkies, bedek dit met vars water en kook dit so sag dat ‘n vuurhoutjie maklik daardeur gaan. Dreineer die blokkies goed.
MANGO KONFYT



MANGO KONFYT
(maak 1 bottel)
600 g mango blokkies
100 ml kookwater
375 g suiker
1 ml sout
15 ml suurlemoensap
2 ml gepreseveerde gemmer Continue reading
MIKROGOLF PRUIMFYNKONFYT

MIKROGOLF PRUIMFYNKONFYT
Om die skil van die pruim af te trek, gooi dit in kookwater, en as die vel bars, trek dit af.
Sny 1 kg pruime in stukkies op en ontpit dit terselfdetyd.
Bind die pitte in n stukkie kaasdoek toe.
Plaas die pruime en pitsakkie in ‘n diep mikrogolfvaste bak met ‘n inhoudsmaat van 3.5 liter.
Voeg 75 ml water by en bedek die bak.
Mikrogolf vir 15 min by 100% krag totdat al die vrugte heeltemal sag is, roer dit in die tyd elke 5min.
As die pruime wil oorkook, maak net die oonddeur oop en mikrogolf dit verder sodra dit gesak het.
Verwyder die pitsakkie en pel ‘n paar van die pitte. Blansjeer die kerne en voeg dit by die pruime. Mikrogolf 1 kg witsuiker 4min lank by 100% krag in ‘n ander vlak bak (2 liter) Roer die suiker by die pruime.
Mikrogolf die mengsel 20 min lank oop by 100% krag en roer dit gereeld tot die suiker opgelos het.
Begin toets die konfyt se dikte op ‘n koue piering. Die stroop moet fyn rimpels maak wanneer jy dit met jou vinger stoot.
As dit nog te loperig is, mikrogolf dit telkens ‘n verdere minuut en toets weer.
Bottel die konfyt warm en verseël dadelik.
APRICOT JAM WITH LIQUEUR

APRICAO JAM WITH LIQUEUR
1 kg firm, ripe apricots, halved and stoned
75 ml water
750 g white sugar
15 ml liqueur or brandy
Place the apricots and the water in a large heavy-based saucepan and simmer, covered, for about 10 minutes or until the fruit is tender. Add the sugar and heat slowly, stirring occasionally, until the sugar has completely dissolved.
Boil the mixture repidly until setting point is reached, and skim, if necessary, to remove foam from the surface.
Cool the jam slightly, then stir in the liqueur.
Pour the jam into hot, dry, sterilized jars, cover with melted wax and seal immediately.
Recipe posted by Carol Elliott Claassen
HEERLIKE APPELKOOSKONFYT
Resep en foto: Heidi Rowe
ROOSKONFYT (Mikrogolf Metode)

ROOSKONFYT (Mikrogolf Metode)
MOENIE ROSE GEBRUIK WAT MET GIF GESPUIT IS NIE.
2 koppies roosblare, lossies ingedruk
Breek die wit stukkie onder af en breek die blare in kleiner stukkies.
Plaas dit in ‘n glasbak en strooi 30 ml suiker en 30 ml suurlemoensap oor.
Druk blare plat sodat alles bedek is.
VINNIGE PIESANGKONFYT

VINNIGE PIESANGKONFYT
750 g suiker
1,5 kg piesangs
150 ml suurlemoensap
2 ml sout
Kook alles aanhoudend tot styf.
Ek maak dit sommer in mikrogolfoond!
Resep: Esna Rossouw Brand
PAMPOENKONFYT


PAMPOENKONFYT
suurlemoene
suiker
droë gemmer
Skil die pampoen dun af, verwyder pitte en sagte vesels rondom. Sny dit dan mooi blokkies. Plaas in groot kastrol met bietjie water Kook tot net sag maar nie gebreek. Dreineer die stukkies, weeg die stukke en plaas in groot konfytkastrol.
Voeg fyngerasperde skil en sap van twee suurlemoene vir elke 1.5 kg pampoen. Bind gemmer in ‘n lappie toe, kneus met hammer en voeg by.
Weeg dieselfde hoeveelheid suiker as wat pampoen geweeg het en giet bo-oor. Laat 24uur staan in koel plek.
Verhit die pampoenstukkies stadig tot kookpunt in die stroop wat gevorm het. Verhit hitte effens en kook tot deurskynend en stroop dik is. (kook die konfyt teen die end stadiger en roer net af en toe pasop vir aanbrand).
Verwyder gemmer. Skep die warm konfyt in flesse en vul met stroop verseël en bêre.
Dis regtig baie lekker
Resep geplaas deur Elmarie de Bruyn




