TURKSVY FYNKONFYT /STROOP
genade dis baie werk vir min konfyt’
Skil 1 kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625 ml water by.
Verhit dit tot kookpunt en kook dit ‘n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg die volgende by:
375 g wit suiker
die sap van ‘n halwe suurlemoen
1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel
en ‘n knippie sout Continue reading
Category Archives: Konfyt / Jam
TURKSVY JELLIE
TURKSVY JELLIE
1 kg turksvye
940 ml suiker
1.5 liter water
3 Suurlemoenskyfies of 3 teelepels suurlemoensap.
Skil turksvye
Verhit res van die bestanddele saam oor matige hitte tot kookpunt en voeg turksvye by.
Kook konfyt ongeveer ‘n uur totdat die stroop helder en dik is.
Skep die turksvye in gesteriliseerde droë flesse en vul die flesse met stroop. Maak seker al die lugblasies is uit.
Verseel dadelik en laat afkoel
Hilda se resep.
FOTO- Rene Truter Wessels
DRUIWE KONFYT
DRUIWE KONFYT
Die een met die rooistrikkie is vannaand s’n. Die ander een is nog van verlede jaar s’n.
Nog nie sandsuiker nie, maar lekker dik. Dan loop die stroop nie van die brood af nie.
Ek weeg net die korrels en sit dan net die helfte van die gewig se suiker by. Gooi dit lae en laat die suiker eers so intrek en kook dit dan baie stadig. So halfpad, gooi ek net ‘n teelepel wynsteensuur in.
Dit keer dat die konfyt nie sandsuiker nie.
Dan toets ek maar net die stroop op ‘n tissue.
As die druppel bly lê op die tissue, is hy net reg.
As dit in die tissue intrek,is daar nog te veel vog in.
BRON- Dawie vd Heever
MAKLIKE KERSIETAMATIE KONFYT
LW ek het nie my tamaties afgeskil nie, hulle is darm net te klein, en ek het dit ook nie fyngedruk nie. Net gereeld geroer. Daar was ook nie baie skuim op nie, so ek het niks afgeskep nie.
Resep en foto: Heidi Rowe
STOMPIE SE VYEKONFYT
GRANADILLA / LEMOENKONFYT
Tink Tinkie Badenhorst Botes
PRUIMKONFYT


PRUIMKONFYT
1 kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1 kg suiker
2 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels botter
Gebruik ‘n glas mikrogolf houer.
Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%. Haal uit en hou eenkant.
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%.
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur.
Mikrogolf vir verder 25 min op 100% terwyl elke 10 min geroer word.
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel en bêre.
Foto: Trix Arp Smit
TAMATIEKONFYT
TAMATIEKONFYT
1 kg ryp tamtaies
½ kg suiker
Die helfte van die tamaties maak jy fyn in “foodprosessor” – ander helfte kap jy fyn, plaas alles saam in ‘n pot en kook op matige hitte tot die vog uit is.
Toets dit op ‘n stukkie koerantpapier – die koerantpapier moet droog bly aan onderkant as jy dit daarop drup, dan is dit reg – jy kan klein bietjie suurlemoensap byvoeg om te voorkom dat dit nie sandsuiker maak nie.
Voeg dit by net voor jy plaat afsit – roer deur – laat afkoel in pot voordat jy dit in gesteriliseerde bottels skep en toedraai.
Resep en foto: Marietjie Nel / Koos Fourie
SUURVYEKONFYT


SUURVYEKONFYT
1 kg suurvytjie
100 g sout, opgelos in 5 liter water
1 kg suiker
1 liter water
1 kaneelstokkie
Sny die stingels van die suurvye af, spoel vrugte goed af en week oornag in die soutwater.
Dreineer die vrugte en spoel weer goed.
Maak n stroop van die suiker, water en kaneel.
Laat opkook en voeg die vrugte by.
Kook totdat die vrugte blink en die stroop dik is.
Skep dadelik in warm, droë gesteriliseerde bottels en verseel.
Droe suurvye kan ook gebruik word. Week vye oornag in water en berei soos hierbo. Continue reading
FYN PERSKE KONFYT


FYN PERSKE KONFYT
(MIKROGOLF)
1 kg taaipit perskes
125 ml suurlemoensap
1 kg wit suiker
Skil, halveer en ontpit die perskes. Sny die halwes in stukkies op en plaas dit in ‘n diep mikrogolf bak. (2 liter) Sprinkel die suurlemoensap oor die perskes en bedek die bak.
Mikrogolf die perskes ongeveer ‘n kwartier by 100% krag tot sag.
Verpulp die perkes en skep terug in die mikrogolf bak. Voeg die suiker by en roer goed deur. Mikrogolf die mengsel onbedek 20 min lank by 100% krag tot dik. Bottel warm en verseël dadelik.
Stien se nota:
Ek weeg eers die perskes na dit geskil en ontpit is.
Het die verpulp sommer in die mikrogolf bak gedoen met die “stick blender”.
Ek het net 750 g suiker gebruik, want ons hou nie van baie soet konfyt nie.
My tweede kooksessie was net so 12/14 minute. Roer gereeld tussenin, want dit neig om oor die bak te kook.
Foto: Stien Rust









