SWART VYEKONFYT
Ek werk op 1 kg vye en so 850 gr suiker en dit op die gasplaat gesit op stadige hitte net om die suiker eers te smelt en toe vol oopgedraai en vir 20 minute gekook. halfpad deur het ek ‘n bietjie fyn gemmer bygesit – ek hou van die bietjie gemmer daarby (my ma het altyd gesê anders is dit te reguit soet – sy het altyd die heel stukke gemmer bygesit). Continue reading
Category Archives: Konfyt / Jam
SUURVYE KONFYT



SUURVYE KONFYT
suurvye
sout
750 ml suiker
750 ml water
3 stukke kaneel
Week die suurvye oornag in water met bietjie sout in en trek dan die buitenste velletjie af, dis die grootste werk.
Kook die suiker, water en stukke kaneel tot ‘n stroop.
Sit die vye in en kook oor matige hitte vir so ‘n uur en half na twee ure. Toets die stroop en bottel.
Hulle moenie vinnig kook nie.
Resep: Anita Groenewald Olderwagen
Foto van Resep: Sylvia Phillips
SPEK EN UIEKONFYT


SPEK EN UIEKONFYT
5 groot rooi uie, in lang repies gekap
3 pakkies spek in klein blokkies
125 ml donker bruinsuiker
1 klein houertjie kersietamaties
200 ml balsamiese asyn
1 handvol roketblare met bietjie olyfolie Continue reading
VINNIGE MARMELADE
4 lemoene
2 suurlemoene
1,5 liter water (of net genoeg om jou vrugte toe te maak)
2 kg suiker Continue reading
HANEPOOT DRUIWE KONFYT
HANEPOOT DRUIWE KONFYT
My resep is baie eenvoudig.
5 kg druiwe van die stokkies af en
2,5 kg suiker en
1 teelepel wysteensuur Continue reading
PERS VYEKONFYT


PERS VYEKONFYT
4 kg vye, wat gewas en in kwarte gesny is
1.6 kg suiker
3 koppies water
¼ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel kaneel
LITCHI KONFYT
LITCHI KONFYT
Gebruik dieselfde hoeveelheid suiker vir dieselfde hoeveelheid litchi.
Ek het die sap ook gebruik. Vir dikker konfyt kan die sap afgegooi word.
Voeg bietjie suurlemoensap by om te keer dat die konfyt sandsuiker. Kook op lae hitte vir +- 55 minute. Roer die hele tyd anders brand dit. My ander konfyte kook ek vir 35 min.
Ek voeg nie water by nie tensy soos met die piesang wat bietjie styf was, het ek na die tyd bietjie kookwater bygeroer totdat ek die verlangende dikte gekry het.
Die litchi het eers dikker geword met 55min. Dit word pienker hoe langer jy dit kook. Lekker roer en laat my asb weet hoe vind jul dit? Ek wag totdat konfyt koud is dan bottel ek dit, sodoende kan ek plastiek bottels ook gebruik..
Resep en foto: Lana van Helsdingen
“tjou-tjou” KONFYT


“tjou-tjou” KONFYT
Heerlike konfyt wat my ouma gekook het en beautiful was, is ryp vye, druiwe, perske snipper en pynappel. Kook nes enige konfyt, weeg jou vrugte, vat dieselfde hoeveelheid suiker.
Sit jou vrugte in ‘n groot bak, skep die suiker oor en laat oornag staan. Plaas alles net saam in 1 pot, en kook jou konfyt. Voeg bietjie suurlemoensap in om te help vir sandsuiker.
Bottel warm in voorbereide flesse.
Sy het dit ” tjou tjou” genoem, probeer en laat weet
Foto en resep: Pieter Neethling
DRIE IN EEN MAROELA RESEP
DRIE IN EEN MAROELA RESEP
Graag stuur ek vir jou ‘n resep wat om alles met maroelas te doen. Die beste van alles is jy gebruik dieselfde maroelas!!
3 kg maroelas (2.5 kg ryp en 500 g groenerig)
Kneus maroelas en maak ‘n snit so halfpad oor elkeen. Sit in plastiese skottel.
Maroela koeldrank:
Smelt die volgende saam:
10 koppies suiker
10 koppies kookwater
3 teelepels Engelse sout
3 teelepels wynsteensuur
4 teelepels sitroensuur
Continue reading
TAMATIE EN UIE KONFYT
TAMATIE EN UIE KONFYT
4 groot ryp tamaties – in blokkies gesny, behou die sap
2 uie fyn gesnipper
2 appels, geskil en in klein blokkies gesny
2 koppies suiker
3 eetlepels gemmer puree (ek dink gewone gemmer sal ook werk)
3 eetlepels suurlemoensap
¼ koppie water
Meng al die bestanddele en kook tot by Dawie Van Heerden se tissue toets.
Drup ‘n bietjie op ‘n tissue – as die sousie intrek, moet jy nog ‘n bietjie kook, tot die druppel op die tissue bly le.
Bottel warm in voorbereide bottels.
Resep en foto:Corne Liebenberg










