SWART VYEKONFYT

Swart Vye KonfyttestedSwart vye

SWART VYEKONFYT
Ek werk op 1 kg vye en so 850 gr suiker en dit op die gasplaat gesit op stadige hitte net om die suiker eers te smelt en toe vol oopgedraai en vir 20 minute gekook.  halfpad deur het ek ‘n bietjie fyn gemmer bygesit – ek hou van die bietjie gemmer daarby (my ma het altyd gesê anders is dit te reguit soet – sy het altyd die heel stukke gemmer bygesit).

Roer tussendeur dat dit nie brand nie. Mens kan suurlemoensap ook bysit. Ek kom nie reg met die ander toetsmetodes vir wanneer die konfyt gereed is nie. Ek het myself geleer dat wanneer dit sulke ‘n taaierige druppels van die lepel afloop dan is die konfyt reg.

Ek het ook ondervind dat as jy met kleiner hoeveelhede werk dan kry jy ‘n mooier konfyt, want dan hoef dit nie so lank gekook te word om die regte tekstuur te kry nie – hoe langer jy kook hoe donkerder word die konfyt.

Resep en foto: Sophia Bester Agenbag




SUURVYE KONFYT

suurvye
SUURVYE KONFYT
suurvye
sout
750 ml suiker
750 ml water
3 stukke kaneel

Week die suurvye oornag in water met bietjie sout in en trek dan die buitenste velletjie af, dis die grootste werk.
Kook die suiker, water en stukke kaneel tot ‘n stroop.
Sit die vye in en kook oor matige hitte vir so ‘n uur en half na twee ure. Toets die stroop en bottel.
Hulle moenie vinnig kook nie.
Resep: Anita Groenewald Olderwagen
Foto van Resep: Sylvia Phillips




SPEK EN UIEKONFYT

SPEK EN UIEKONFYT
5 groot rooi uie, in lang repies gekap
3 pakkies spek in klein blokkies
125 ml donker bruinsuiker
1 klein houertjie kersietamaties
200 ml balsamiese asyn
1 handvol roketblare met bietjie olyfolie

Braai die uie in ‘n bietjie olie. Voeg die spek by en braai sodat die vet begin uitbraai.
Voeg nou die tamaties by en braai tot hulle oopbars.
Nou vir die suiker. Jy sal sien ‘n soort stroop begin vorm.
Sodra die tamaties begin wegkook, kan jy die asyn byvoeg.
Roer die hele tyd sodat die suiker nie aan die bodem vasbrand nie.
Bedien op ‘n rolletjie met kouevleis en roketblare.
Foto:  Sanet Smith Verster




VINNIGE MARMELADE


VINNIGE MARMELADE
Ek deel met julle ‘n lekker marmelade resep wat ek by ‘n tannie gekry het lank terug.. Dis baie lekker en vinnig om te maak….

4 lemoene
2 suurlemoene
1,5 liter water (of net genoeg om jou vrugte toe te maak)
2 kg suiker

Sny die vrugte middeldeur, verwyder die pitte en kap die vrugte fyn.
Gooi water en vrugte in kastrol en kook vir 15 min met deksel op.
Verminder hitte en voeg suiker by. Roer tot suiker opgelos is.
Kook vinnig vir nog 15 min.
Skep in skoon gesteriliseerde bottels en bere….

Resep – Wima Josey Venter
Foto:  Sarie Van Vuuren‎




HANEPOOT DRUIWE KONFYT

HANNEPOOT DRUIWE KONFYTtested

HANEPOOT DRUIWE KONFYT
My resep is baie eenvoudig.
5 kg druiwe van die stokkies af en
2,5 kg suiker en
1 teelepel wysteensuur

Gooi in lae en sit op die stoof teen baie lae hitte tot die suiker opgelos is.
Kook dan bietjie vinniger totdat die konfyt donkerder raak.
Toets die stroop op ‘n tissue elke kwartier.
Wanneer die stroop op die tissue bly lê, is hy dik genoeg en kan dit in gesterileseerde bottels gegooi word.
As jy nie van die dik stroop hou nie, kan dit eerder afgehaal word.

BRON- Dawie vd Heever




PERS VYEKONFYT

2014-02-14-persvyekonfyt

PERS VYEKONFYT
4 kg vye, wat gewas en in kwarte gesny is
1.6 kg suiker
3 koppies water
¼ teelepel fyn naeltjies
½ teelepel kaneel

Plaas alles in ‘n kastrol.
Verhit eers stadig en roer af en toe tot al die suiker opgelos is.
Draai die plaat op hoog en kook op vinnige hitte tot die stroop die regte dikte is.
(as jy dit gooi op koue piering en jou vinger deur dit trek en die paadjie wat jy gemaak het,, bly so, is die konfyt se stroop die regte dikte)
Gooi die warm konfyt in skoon gewaste vuurwarm potjies en draai doppies op.

Foto: Naudèa Visser




LITCHI KONFYT

2014-02-11-litchikonfyttested

LITCHI KONFYT
Gebruik dieselfde hoeveelheid suiker vir dieselfde hoeveelheid litchi.
Ek het die sap ook gebruik. Vir dikker konfyt kan die sap afgegooi word.
Voeg bietjie suurlemoensap by om te keer dat die konfyt sandsuiker. Kook op lae hitte vir +- 55 minute. Roer die hele tyd anders brand dit. My ander konfyte kook ek vir 35 min.

Ek voeg nie water by nie tensy soos met die piesang wat bietjie styf was, het ek na die tyd bietjie kookwater bygeroer totdat ek die verlangende dikte gekry het.

Die litchi het eers dikker geword met 55min. Dit word pienker hoe langer jy dit kook. Lekker roer en laat my asb weet hoe vind jul dit? Ek wag totdat konfyt koud is dan bottel ek dit, sodoende kan ek plastiek bottels ook gebruik..

Resep en foto:  Lana van Helsdingen




“tjou-tjou” KONFYT

tjou tjou konfyttested
“tjou-tjou” KONFYT
Heerlike konfyt wat my ouma gekook het en beautiful was, is ryp vye, druiwe, perske snipper en pynappel. Kook nes enige konfyt, weeg jou vrugte, vat dieselfde hoeveelheid suiker.
Sit jou vrugte in ‘n groot bak, skep die suiker oor en laat oornag staan. Plaas alles net saam in 1 pot, en kook jou konfyt.  Voeg bietjie suurlemoensap in om te help vir sandsuiker.
Bottel warm in voorbereide flesse.
Sy het dit ” tjou tjou” genoem, probeer en laat weet

Foto en resep: Pieter Neethling




DRIE IN EEN MAROELA RESEP

amarula strooptested

DRIE IN EEN MAROELA RESEP
Graag stuur ek vir jou ‘n resep wat om alles met maroelas te doen. Die beste van alles is jy gebruik dieselfde maroelas!!
3 kg maroelas (2.5 kg ryp en 500 g groenerig)
Kneus maroelas en maak ‘n snit so halfpad oor elkeen. Sit in plastiese skottel.

Maroela koeldrank:
Smelt die volgende saam:
10 koppies suiker
10 koppies kookwater
3 teelepels Engelse sout
3 teelepels wynsteensuur
4 teelepels sitroensuur

Gooi hierdie mengsel kokend oor maroelas. Laat oornag staan.
Syg die volgende oggend deur. Hou sap in yskas en verdun na smaak met yswater om te drink.
Let wel! Jy kan dieselfde maroelas weer gebruik en die resep weer oor maak. Dit kom net so lekker. Of jy kan die volgende daarmee doen:

Maroela jellie:
Bedek maroelas met water en kook stadig tot sag. Laat afkoel. Gooi deur ‘n sif. Met hierdie vloeistof kan jy nou maroela jellie kook.
Gebruik 2 koppies van die vloeistof en 1 koppie suiker. Bring tot kookpunt oor matige hitte.
Voeg 1 eetlepel suurlemoensap by en kook tot jellie stadium.
Skep bietjies op piering uit om te toets tot jellie.

Maroela konfyt:
Gebruik dieselfde maroelas. Druk die pitte uit en gooi weg.
Gebruik die pulp en skille (gemors) om heerlike konfyt te kook.
Gebruik 1 koppie suiker vir elke 2 koppies gemors.
Verhit oor matige hitte en kook tot konfyt.
Baie lekker en mens het net die pitte weggegooi.




TAMATIE EN UIE KONFYT

kalkoen terrientested

TAMATIE EN UIE KONFYT
4 groot ryp tamaties – in blokkies gesny, behou die sap
2 uie fyn gesnipper
2 appels, geskil en in klein blokkies gesny
2 koppies suiker
3 eetlepels gemmer puree (ek dink gewone gemmer sal ook werk)
3 eetlepels suurlemoensap
¼ koppie water

Meng al die bestanddele en kook tot by Dawie Van Heerden se tissue toets.
Drup ‘n bietjie op ‘n tissue – as die sousie intrek, moet jy nog ‘n bietjie kook, tot die druppel op die tissue bly le.
Bottel warm in voorbereide bottels.
Resep en foto:Corne Liebenberg