HANEPOOT DRUIWE KONFYT
My resep is baie eenvoudig.
5 kg druiwe van die stokkies af en
2,5 kg suiker en
1 teelepel wysteensuur
Gooi in lae en sit op die stoof teen baie lae hitte tot die suiker opgelos is.
Kook dan bietjie vinniger totdat die konfyt donkerder raak.
Toets die stroop op ‘n tissue elke kwartier.
Wanneer die stroop op die tissue bly lê, is hy dik genoeg en kan dit in gesterileseerde bottels gegooi word.
As jy nie van die dik stroop hou nie, kan dit eerder afgehaal word.
BRON- Dawie vd Heever








