TURKSVY FYNKONFYT /STROOP

2014-02-01-turksvyfynkonfytstrooptested

TURKSVY FYNKONFYT /STROOP
genade dis baie werk vir min konfyt’
Skil 1 kg ryp turksvye dun af en sny dit in klein stukkies op.
Voeg 625 ml water by.
Verhit dit tot kookpunt en kook dit ‘n kwartier lank met die deksel op.
Haal die kastrol van die stoof af.
Voeg  die volgende by:
375 g wit suiker
die sap van ‘n halwe suurlemoen
1 knoets gekneusde, gedroogde gemmerwortel
en ‘n knippie sout 
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Kook dit oor matige hitte totdat die konfyt helder en dik is.
Verwyder die gemmer en gooi dit weg.
Skuim die konfyt af, indien nodig.
Bottel dit warm en verseël dit wanneer afgekoel.

Stroop: druk vyemoes deur ‘n sif – gooi die pitte weg. Volg die resep.
Die resep by Tannie Ona van Niekerk gekry
FOTO- Rene Truter Wessels




TURKSVY JELLIE

2014-02-01-turksvyjellietested

TURKSVY JELLIE
1 kg turksvye
940 ml suiker
1.5 liter water
3 Suurlemoenskyfies of 3 teelepels suurlemoensap.

Skil turksvye
Verhit res van die bestanddele saam oor matige hitte tot kookpunt en voeg turksvye by.
Kook konfyt ongeveer ‘n uur totdat die stroop helder en dik is.
Skep die turksvye in gesteriliseerde droë flesse en vul die flesse met stroop. Maak seker al die lugblasies is uit.
Verseel dadelik en laat afkoel
Hilda se resep.

FOTO- Rene Truter Wessels




DRUIWE KONFYT

2014-01-24-druiwekonyttested

DRUIWE KONFYT
Die een met die rooistrikkie is vannaand s’n. Die ander een is nog van verlede jaar s’n.
Nog nie sandsuiker nie, maar lekker dik. Dan loop die stroop nie van die brood af nie.

Ek weeg net die korrels en sit dan net die helfte van die gewig se suiker by. Gooi dit lae en laat die suiker eers so intrek en kook dit dan baie stadig. So halfpad, gooi ek net ‘n teelepel wynsteensuur in.
Dit keer dat die konfyt nie sandsuiker nie.
Dan toets ek maar net die stroop op ‘n tissue.
As die druppel bly lê op die tissue, is hy net reg.
As dit in die tissue intrek,is daar nog te veel vog in.

BRON- Dawie vd Heever




MAKLIKE KERSIETAMATIE KONFYT

cherrie tamatie konfyttested
MAKLIKE KERSIETAMATIE KONFYT
Dis maar straight forward, weeg tamaties, bv 1 kg tamaties op 1 kg suiker kook vir 10 min tot suiker opgelos, en kook stadig verder tot jy op piering strepie deurtrek wat nie weer heel toegaan nie. Ek het so teelepel groote versuikerde gemmer ingesit met die kookproses en dit uitgehaal voor ek dit gebottel het.

LW ek het nie my tamaties afgeskil nie, hulle is darm net te klein, en ek het dit ook nie fyngedruk nie. Net gereeld geroer. Daar was ook nie baie skuim op nie, so ek het niks afgeskep nie.

 Ek het maar 500g tamaties gehad in ‘n groot kastrol , so 10 min gekook tot als gesmelt toe weer omtrent 20 min stadig geprut tot die (konstitusie) reg was. Maar dit sal afhang van jou hoeveelheid tamaties, en grootte en soort pot.

Resep en foto: Heidi Rowe




STOMPIE SE VYEKONFYT

vyekonfyt stompietested
STOMPIE SE VYEKONFYT
Uit kook en geniet maar ek het dit bietjie verander hulle s’n te veel werk. Hierdie resep is vir ryp vye.ek skil nie my vye nie maar sny hul net middeldeur om te kyk vir wurmpies.
Neem 500 g suiker vir elke 500 g vrugte en ½ koppie water vir elke 500 ml suiker.
Sit vrugte in pot en giet die suiker en water oor. Laat staan vir so uur of twee tot suiker water getrek het.
Sit op lae hitte op stoof en roer totdat suiker gesmelt het, verhoog na medium hitte en voeg 4 eetlepels suurlemoensap by vir elke 3 kg vrugte.
Kook tot stroop die regte dikte is. Ek toets deur bietjie stroop in piering te skep en laat koud word, sal sommer sien die stroop is reg en proe nie meer watering nie. Skep in voorbereide bottels en sit stukkie waspapier op wat in brandewyn gedoop is dit keer dat konfyt muflagie maak. Konfyt sal stukke vye in hê.

Resep aanpassing en foto: Stompie Theron Borman




GRANADILLA / LEMOENKONFYT

suurlemoene dries
GRANADILLA / LEMOENKONFYT
9 koppies water
2.5 kg suiker
3 lemoene meduim geskil
2 suurlemoene geskil
Kook 10 min
Voeg by 4 blikkies granadilla by
Kook tot verlangde dikte
Lemoene en suurlemoene moet gerasper of in voedselverwerker fyn gemaak word.

Tink Tinkie Badenhorst Botes




PRUIMKONFYT

2014-01-14-fotobeeld
PRUIMKONFYT
1 kg vrugte (ontpit, gekap of fyngemaak soos jy verkies)
1 kg suiker
2 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels botter
Gebruik ‘n glas mikrogolf houer.
Sit die vrugte bedek vir 5 min in die mikrogolf op 100%. Haal uit en hou eenkant.
Verhit die suiker vir 6 min in die mikrogolf ook op 100%.
Meng suiker en vrugte en meng sap en botter goed deur.
Mikrogolf vir verder 25 min op 100% terwyl elke 10 min geroer word.
Dit lyk baie dun, maar dis reg, dit word lekker dik in die bottels.
Bottel en bêre.

Foto: Trix Arp Smit

 




TAMATIEKONFYT

tamatiekonfyttested

TAMATIEKONFYT
1 kg ryp tamtaies
½ kg suiker
Die helfte van die tamaties maak jy fyn in “foodprosessor” – ander helfte kap jy fyn, plaas alles saam in ‘n pot en kook op matige hitte tot die vog uit is.
Toets dit op ‘n stukkie koerantpapier – die koerantpapier moet droog bly aan onderkant as jy dit daarop drup, dan is dit reg – jy kan klein bietjie suurlemoensap byvoeg om te voorkom dat dit nie sandsuiker maak nie.
Voeg dit by net voor jy plaat afsit – roer deur – laat afkoel in pot voordat jy dit in gesteriliseerde bottels skep en toedraai.

Resep en foto: Marietjie Nel / Koos Fourie




SUURVYEKONFYT

SUURVYEKONFYT
1 kg suurvytjie
100 g sout, opgelos in 5 liter water
1 kg suiker
1 liter water
1 kaneelstokkie
Sny die stingels van die suurvye af, spoel vrugte goed af en week oornag in die soutwater.
Dreineer die vrugte en spoel weer goed.
Maak n stroop van die suiker, water en kaneel.
Laat opkook en voeg die vrugte by.
Kook totdat die vrugte blink en die stroop dik is.
Skep dadelik in warm, droë gesteriliseerde bottels en verseel.
Droe suurvye kan ook gebruik word. Week vye oornag in water en berei soos hierbo.

SUURVYEKONFYT:
500g suurvye
625ml suiker
1250ml water
Pluk vrugte sodra dit geel en nie te ryp is nie. Skil baie dun af en laat oornag in soutwater. [Die vrugte moet goed onder die water toe wees.]
Gooi water die volgende oggend af en kook stroop van suiker en water.
Voeg vrugte by en kook tot deurskynend is en stroop die regte dikte. [Die konfyt moet ‘n rooi kleur wees.]
Skep in bottels en koel af voordat bottels toegemaak word.

SUURVYEKONFYT:
Die suur vleisgedeelte binne-in die vrug is slymerig met blink, bruin sade daarin. Die onderste deel van die vrug word afgebyt en die vleisgedeelte uitgesuig.
Heerlike konfyt word van suurvye gekook en dit word ook vir oosterse disse gebruik.
1 kg suurvye
100 g sout
1 kg suiker
1 stokkie kaneel
6 liter water
Metode:
1. Sny die suurvye se punte af, spoel goed af en week oornag in 5 liter water en sout mengsel.
2. Gooi die water af, (moenie water weggooi nie, gooi oor in skoon kastrol)
3. Spoel af en skil.
4. Maak ‘n stroop van die oorblywende water, suiker en kaneel.
5. Bring tot kookpunt en voeg die vye by.
6. Kook tot die vrugte blink en stroop lekker dik is – (+- so twee ure)
Bottel dadelik in warm, droeë, gesteriliseerde flesse en seël goed.




FYN PERSKE KONFYT


FYN PERSKE KONFYT
(MIKROGOLF)
1 kg taaipit perskes
125 ml suurlemoensap
1 kg wit suiker
Skil, halveer en ontpit die perskes. Sny die halwes in stukkies op en plaas dit in ‘n diep mikrogolf bak. (2 liter) Sprinkel die suurlemoensap oor die perskes en bedek die bak.
Mikrogolf die perskes ongeveer ‘n kwartier by 100% krag tot sag.
Verpulp die perkes en skep terug in die mikrogolf bak. Voeg die suiker by en roer goed deur. Mikrogolf die mengsel onbedek 20 min lank by 100% krag tot dik. Bottel warm en verseël dadelik.
Stien se nota:
Ek weeg eers die perskes na dit geskil en ontpit is.
Het die verpulp sommer in die mikrogolf bak gedoen met die “stick blender”.
Ek het net 750 g suiker gebruik, want ons hou nie van baie soet konfyt nie.
My tweede kooksessie was net so 12/14 minute. Roer gereeld tussenin, want dit neig om oor die bak te kook.
Foto:  Stien Rust