MAKLIKE KERSIETAMATIE KONFYT
Dis maar straight forward, weeg tamaties, bv 1 kg tamaties op 1 kg suiker kook vir 10 min tot suiker opgelos, en kook stadig verder tot jy op piering strepie deurtrek wat nie weer heel toegaan nie. Ek het so teelepel groote versuikerde gemmer ingesit met die kookproses en dit uitgehaal voor ek dit gebottel het.
LW ek het nie my tamaties afgeskil nie, hulle is darm net te klein, en ek het dit ook nie fyngedruk nie. Net gereeld geroer. Daar was ook nie baie skuim op nie, so ek het niks afgeskep nie.
Ek het maar 500g tamaties gehad in ‘n groot kastrol , so 10 min gekook tot als gesmelt toe weer omtrent 20 min stadig geprut tot die (konstitusie) reg was. Maar dit sal afhang van jou hoeveelheid tamaties, en grootte en soort pot.
Resep en foto: Heidi Rowe