

PAMPOENKONFYT
suurlemoene
suiker
droë gemmer
Skil die pampoen dun af, verwyder pitte en sagte vesels rondom. Sny dit dan mooi blokkies. Plaas in groot kastrol met bietjie water Kook tot net sag maar nie gebreek. Dreineer die stukkies, weeg die stukke en plaas in groot konfytkastrol.
Voeg fyngerasperde skil en sap van twee suurlemoene vir elke 1.5 kg pampoen. Bind gemmer in ‘n lappie toe, kneus met hammer en voeg by.
Weeg dieselfde hoeveelheid suiker as wat pampoen geweeg het en giet bo-oor. Laat 24uur staan in koel plek.
Verhit die pampoenstukkies stadig tot kookpunt in die stroop wat gevorm het. Verhit hitte effens en kook tot deurskynend en stroop dik is. (kook die konfyt teen die end stadiger en roer net af en toe pasop vir aanbrand).
Verwyder gemmer. Skep die warm konfyt in flesse en vul met stroop verseël en bêre.
Dis regtig baie lekker
Resep geplaas deur Elmarie de Bruyn






